’n Afrikastorie met ’n Namibiese kinkel
Verfilm by Kolmanskop, Goanikontess, Opuwo
Die film is oor 17 dae in Namibië verfilm deur aspirant-student-filmmakers met beperkte kennis van die maak van 'n film.
Die produksie van die film was deel van navorsing vir ’n meestersgraad wat daarop gemik was om ’n omvattende gids tot die produksie van lae-begroting speelfilms in Suid-Afrika (van konsep tot verspreiding). Die navorsing was ’n ideale geleentheid vir jong filmmakers om ervaring op te doen en hul loopbane in filmproduksie te begin.
Meer as 35 jaar later ryg dié studenteprojek en -film, A Fire in Africa en wat in Namibië geskiet is, op wêreldverhoë by verskeie gesogte rolprentfeeste die pryse in.
Dit is in 1987 en 1988 vervaardig en in 1989 versprei en is danksy onder meer intensiewe restourasie wat in 2017 begin en in 2022 voltooi is, op die wêreldverhoog vrygestel.
Hoewel dit in Suid-Afrika met ’n beperkte begroting vervaardig is, is A Fire in Africa meestal oor 17 dae in Namibië verfilm deur aspirant-student-filmmakers wat beperkte kennis van film, en selfs minder ervaring in die vervaardiging van speelfilms gehad het.
Die film is op vyf plekke, Opuwo, Gobabis, Goanikontes, Duin 7 naby Walvisbaai en die spookdorp Kolmanskop naby Lüderitz verfilm. Die gemiddelde afstand wat deur elk van die drie produksievoertuie, twee VW Kombi’s en ’n BMW afgelê is, was 9 500 km - 35% meer as waarvoor begroot is.
Die fiktiewe verhaal van A Fire in Africa volg die OvaHimba-stam van die Namibwoestyn, afstammelinge van die Antieke Egiptenare uit die era van koningin Nefertiti en eens die rykste nomadiese stam in Afrika. Op die rand van uitsterwing en vasgevang in die Herero-Nama-oorlog van 1904, vestig die stam hulle in die Namib-woestyn nadat hulle van die volksmoord aan die hande van die Duitse leër gevlug het. Hoofman Nguzu besef dat hul enigste hoop by sy kleinseun, Omusu, lê wat skool toe op Ohopoho (Opuwo) gestuur word. Hier leer hy Engels, groei in geloof en by ’n nabygeleë weermagkamp kom hy in aanraking met die mistieke kuns van karate. Hoofman Nguzu het ’n duidelike strategie in gedagte vir die toekoms van sy stam en sy kleinseun. Hy sien Omusu as die leier van die OvaHimba - ’n leier wat sy stam van uitsterwing sal red en hulle uit die woestyn na ’n nuwe lewe sal lei. Nguzu self het nie hierdie rol vervul nie en worstel sy hele lewe met skuldgevoelens.
Omusu word egter gedwing om die stam se wyse manne te konfronteer oor hul gebruike, wanneer sy beste vriend deur ’n bose man, Omurue vermoor word. Wanneer hy dit waag om die werking van die heersende regstelsel van die stam te bevraagteken, word hy uit sy nedersetting verban. Alleen, maar vasberade, vertrek hy op ’n reis deur die woestyn na die hoofstad, Windhoek, waar hy ’n karatekenner word. As gevolg van sy natuurlike talent en buitengewoon vinnige reflekse, kry hy die geleentheid van ’n leeftyd - om by die Kaokoland-karatespan aan te sluit wat aan die VSA Internasionale Kampioenskappe sal deelneem.
A Fire in Africa het ná meer as 30 jaar reeds 11 toekennings vir Beste Rolprent gewen.
Dit word beskryf as ’n boeiende storie van ’n wêreld waar die verlede jou lot bepaal, waar ’n stam se oorlewing in die weegskaal hang, en waar die menslike gees struikelblokke oorkom.
Resensente beskryf dit as “’n intellektuele verkenning wat diep delf in figuurlike vergelykings, deur motiewe, simbole en metafore te gebruik wat die gehoor se intellek uitdaag. Die ingewikkelde gebruik van sirkelvormige motiewe en abstrakte metafore, soos die protagonis se soeke na water teenoor vervalle strukture in die spookdorp Kolmanskop, nooi kykers uit om verborge betekenisse te ontsyfer.
A Fire in Africa het ’n indrukwekkende 37 toekennings verower en wat die vir beste rolprent insluit in lande soos Duitsland, Engeland, Frankryk, Portugal, Spanje, Kroasië, Mexiko en Australië. Dit is nou toeganklik tot ’n globale gehoor van meer as 200 miljoen intekenare in 133 lande op platforms soos Prime Video en TUBI.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie