Pedro Vorster
Pedro Vorster

Memorabilia

Henriette Lamprecht
Elkeen van ons het iets - ‘n foto, ‘n klip, ‘n gedroogde blom of ‘n verweerde fliekkaartjie wat ons koester omdat dit ons herinner aan iets of iemand wat in ons gedagtes vasgesteek het.

Met sy solo-uitstalling Memorabilia wat Donderdag by die Nasionale Kunsgalery van Namibië se Boonste Galery open, deel Pedro Vorster verskeie items soos erfstukke uit sy kinderjare wat as memorabilia dien. Die uitstalling sluit olieverfskilderye en fotografiese afdrukke in. Dit pas in by die titel van die uitstalling omdat die Latynse woord verwys na voorwerpe wat gehou of versamel is as gevolg van hul assosiasie met onvergeetlike mense of gebeurtenisse.

Kommentaar

Republikein 2025-08-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer