Mej. Namibië 2025: Hier is die beoordelaars

Voorlopige rondes
Van 'n bekroonde aktrise tot 'n bekroonde televisievervaardiger en voormalige skoonheidskoningin is deel van die paneel wat gaan kies wie vanjaar die kroon gaan dra.
Michael Kayunde
Die Mej Namibië-organisasie het amptelik sy paneel van beoordelaars vir vanjaar se nasionale kompetisie bekend gestel.

Vanjaar se hoofbeoordelaar is Gerine Hoff, met Maria Huudu-eli Shiyuka, Stella Ipinge, die voormalige Mej. Namibië 2023 Jameela |Uiras, die bekroonde televisievervaardiger en kreatiewe direkteur, Gladwin Geraldo Groenewaldt, en ook die bekroonde aktrise en kampvegter vir vrouebemagtiging, Tjuna Daringo, wat by die paneel aansluit.

Die volgende stap in die aanloop tot vanjaar se kroning van die land se mooiste nooi, is die ronde waartydens semifinaliste van beide Mej. Tiener Namibië en Mej. Namibië meeding om ’n plek onder die gesogte top-10-finaliste. Die rondes vind op Vrydag 16 Mei en Saterdag 17 Mei by die Mercure Hotel in Windhoek plaas.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer