Marelize se film ryg pryse in
Die rolprent My f*k Marelize het nie net harte by die 13de Silwerskermfees in Suid-Afrika gesteel nie, maar ook toekennings ingepalm.
Vyf jaar nadat Windhoeker Marelize Horn met met haar fiets teen ’n rugbypaal vasgery het en haar ma se video 'n opskudding op sosialemediaplatforms veroorsaak het, het die debuutfilm onder groot applous by die gesogte filmfees gedraai en die pryse ingeryg.
Namibiese aktrise Je-Ani Swiegelaar wat die rol van van Marelize se ma, Heidi Horn, vertolk, is as die beste aktrise bekroon en Zandélle Meyer as Marelize, die beste vroulike byspeler.
Die bekende Suid-Afrikaanse rolprentresensent Leon van Nierop skryf My f*k, Marelize! is nie 'n platvloerse slapstick-geploeg met die waarheid nie. "Nog minder is daar belaglike voorskrywerige komiese musiek. Daar is ook geen uitroepteken agter lawwe, oorgedramatiseerde tonele waar komiese verwarring in die kyker se keel afgedruk word nie."
Van Nierop sê die film handhaaf 'n noukeurige balans tussen klugtigheid en erbarmlike komedie.
"Dit is maar soos dit is, verkondig die rolprent. Slegte goed gebeur met goeie mense, en die fliek konsentreer op die goeie én die slegte."
Twee jaar voor die ding met die fiets, die rugbypaal en die gevolglike ‘my f*k, Marlize’ uit ma Heidi se mond, is aggresiewe borskanker by Heidi gediagnoseer en word die rolprent ook uit hierdie oogpunt ’n grootwordstorie gebaseer op ’n ware verhaal wat ’n nasie geïnspireer het.
Dis waarom Van Nierop die rolprent se sukses toeskryf aan "die terloopse aard waarin die waarheid bedaard opgedis word sodat die karakters en gehoor tot introspeksie gedwing word. Die klem val nie gedurig op die fietsvideo nie, maar op wat tot die fietsry-oomblik gelei het."
- [email protected]
Klik op die skakel van The Movie Guy by https://q.my.na/LEZ6

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie