Manlikheid in Namibië onder die lens

Uitstalling open op 13 Augustus
Die uitstalling is die werk van 110 meisies en 110 seuns van die Ohangwena- en Omusatistreek.
Ombetja Yehinga Organisation (OYO) het ’n uitnodiging aan die publiek gerig om die opening van die The Caring Namibian Man-oudio- en foto-uitstalling by te woon.

OYO is ’n Namibiese trust wat daarop gemik is om maatskaplike bewustheid onder jongmense te skep met die kunste as medium.

Die uitstalling is die werk van 110 meisies en 110 seuns van die Ohangwena- en Omusatistreek, en die foto’s beeld mans in die Namibiese samelewing uit as individue wat omgee en verby die stereotipe van gewelddadige en dominerende individue beweeg.

Hierdie projek en uitstalling word deur die ambassade van Finland in Namibië gefinansier, en die vervaardiging van ’n katalogus en uitstalling word deur die ambassade van Japan in Namibië, die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds (UNFPA) en die Goethe-Instituut in Namibië ondersteun.

“OYO het in 2005 die fotografieprojek, The Caring Namibian Man, van stapel gestuur om stereotipering uit te daag dat alle mans verkragters, onderdrukkend en gewelddadig is.

“Die eerste rondte van die projek is by die 2007 Grahamstad Kunstefees uitgestal. Dié versameling het bestaan uit foto’s en poskaarte van mans wat take verrig wat nie normaalweg met manlikheid geassosieer word nie, soos om kinders te bad en mahangu te stamp.

“Ongelukkig het min verander en geslagsgebaseerde geweld (GBV) bly ’n probleem in Namibië, want daar is nie een week wat verbygaan sonder sulke voorvalle wat ons koerantopskrifte haal nie,” het die OYO-direkteur, Philippe Talavera, gesê.

Hy het verduidelik die gereelde mediaberigte beeld mans dikwels as antagoniste en vroue en kinders as die slagoffers uit, wat nie altyd die geval is nie.

“OYO het vroeër vanjaar naweekkampe by skole in dié twee streke gehou. Ons het die meisies en seuns geleer hoe om ’n kamera en verskeie fotografievaardighede te gebruik. Daarna het hulle klubs in hul skole gestig om maatskaplike kwessies te bespreek en geleenthede te identifiseer om foto’s te neem van mans in hul gemeenskappe wat besig was om goeie dade teenoor ander te verrig,” het Talavera gesê. Altesaam 4 947 foto’s is ontvang voordat 30 seuns en meisies die taak gekry het om die 42 foto’s te kies wat die finale uitstalling sou vorm.

Die opening van die uitstalling sal ook die bekendstelling van twee gedigte behels: “Be a lady” en “Be a man”, wat tydens die naweekkampe deur leerlinge geskryf is en gebaseer is op wat mense voel word van hulle in hul gemeenskappe verwag.

Die gedigte is verwerk na draaiboeke vir twee gelyknamige kortfilms en word uitgevoer deur die plaaslike mediapersoonlikhede Mary Jane Andreas, Roya Diehl, Sydney Farao, Monray Garoeb, Odile Gertze, Berry Goraseb, Nadula Hainane, Herman Hausiku, Jean-Louis Knouwds, Ashwyn Mberi, Jeffrey Ndjahera, Fhulufhelo Ramphaga, Valerie Tjirimuje en Adriano Visagie.

Die twee kortfilms het verlede maand hul internasionale première by die Garden Route Internasionale Rolprentfees in Suid-Afrika gehad. Ná die uitstalling by die Goethe-Instituut op 24 Augustus eindig, sal OYO die uitstalling na skole oraloor die land neem om ’n positiewe gesprek oor die rol van mans in die samelewing aan te moedig en die jeug by gesprekke oor die begrip van geslagsrolle te betrek.

“Mans wat omgee haal nie die nuus nie en hul goeie dade word dikwels nie erken nie. Dit word weerspieël in baie kwessies wat tydens die skeppingsproses van hierdie projek teëgekom is, soos een voorval waarin leerlinge ’n man wou afneem wat ’n dame se handsak dra terwyl hy haar gehelp het, maar hy het geweier.

“Dit is vir ons ‘n teken om die narratief te verander en oor gesonde manlikheid te praat waarin deernis ’n sterkpunt is en Namibië ’n veiliger plek vir almal is,” het Talavera gesê.

Die uitstalling open op 13 Augstus om 18:00 by die Goethe-instituut se ouditorium. Toegang is gratis en die opening sluit ’n N$20-lootjietrekking vir een van die foto’s en ’n stilveiling vir nog een in.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 220.26/OZ UP +1.35% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.55/BBP UP +1.35% | Platinum US$ 907.23/OZ UP +1.38% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 220.26/OZ UP +1.35% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.55/BBP UP +1.35% | Platinum US$ 907.23/OZ UP +1.38%