Manjifiek!
"Wat 'n ongelooflike konsert om die FNB Woordfees mee te begin! "Absoluut briljant en ongelooflik mooi." "Hoendervleishuilmooi." Die Charl du Plessis Trio met pianis Charl du Plessis, baskitaarspeler Werner Spies en tromspeler Peter Auret het met hul Bach & Beatles- vertoning Vrydagaand by die DHPS Aula die gehoor verower en vermaak met 'n wêreldklasvertoning op 'n plaaslike verhoog. Die Trio is ondersteun deur die Namibiese Kamer Ensemble onder leiding van Jürgen Kriess wat nie een enkele treë teruggestaan het nie en saam is verwerkings van onder andere die bekende Beatles-treffer "Hey Jude" tot Coenie de Villers se "Karoonag" tot Bach en Mozart gelewer. Volgende op die FNB Woordfees se spyspkaart van top produksies is die veel bekroonde semi-outobiografiese kabaret in Maart met Stephanie Baartman wat met humor, patos en ’n mengsel van koortjies, ghoema, jazz en oorspronklike Afrikaanse komposisies besef: Om in te pas is een ding, maar om te behoort, is iets heeltemal anders.
Foto's Iréne-Mari van der Walt


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie