'Little Sparrow' ’n ode aan Édith Piaf

'Wie ons is in liefde en oorlog?'
Iréne-Mari van der Walt
’n Talentvolle aktrise sal Vrydagaand by die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) hulde bring aan ’n musieklegende in Little Sparrow.

Die eenvrouvertoning wat deur Senga Brockerhoff geskryf en geredigeer is, het Lize Ehlers tot haar uiterste beproef aangesien verskeie van die musiekstukke in die vertoning in Frans is.

“Ek het al geleer as jou mond nie seer is nadat jy Frans gepraat het nie, dan doen jy dit nie reg nie,” skerts Lize, wat etlike ure se lesse moes deurmaak om haar Franse uitspraak te vervolmaak.

Die naam “Little Sparrow” is ’n verwysing na die Franse sangeres Édith Piaf wat dié noemnaam gekry het aangesien sy ’n klein liggaamsbou gehad het.

Die kabaretstyl toneelstuk waarin Lize Vrydagaand sal optree, volg die lewe van ’n vrou uit die destydse Suidwes-Afrika wat teen haar wil met ’n Duitse man moet trou.

“Dis ’n ingewikkelde en persoonlike verhaal van haar lewe in Frankryk nadat iets noemenswaardig met haar in Duitsland gebeur het,” sê Lize.

Lize sê die oorgang van haar gewone styl as jazzsangeres na Édith Piaf se styl was vir haar ’n uitdaging. Ten spyte van die aktrise se liefde en respek vir Piaf, sê sy dat sy nie die ikoniese sangeres se klank wil naboots nie, maar eerder hulde aan haar musiek wil bring.

“Ek dink dit gee mens die kans om te sien hoe mense in tye van oorlog reageer – wie mens is wanneer jy in die middel van die vuur is. Dis ’n kans om te sien wie ons is in tye van liefde en in tye van oorlog,” sê Lize oor die vertoning, wat slegs vir een aand oop sal wees.

Hoewel daar tans net een opvoering van Little Sparrow sal wees, sê Senga dat sy hoop om dié vertoning verskeie kere in Windhoek en aan die kus op te voer.

Sy verduidelik dat sy verskeie van Piaf se liedjies bymekaar geweef het om die storie te vertel.

“Haar musiek is eintlik die groot ster,” sê Senga.

Haar grootste uitdagings met Little Sparrow, sê sy, was om te besluit wat om te hou.

“Ek moes probeer om dit minder te maak. Ek wou alles sê en het oorspronklik ’n storie geskryf wat te lank was en toe moes ek dit skaaf en skuur om seker te maak dat dit nie te veel van Lize vra nie,” sê Senga

Sy glo dié stuk, soos baie ander teaterwerke, sal waarskynlik aanklank by ouer gehore vind.

“Teater as geheel kry swaar, veral ná die Covid-19-pandemie. Ek dink dit is ’n ouer styl wat dus steeds ’n ouer gehoor het. Flieks het die jonger gehoor heeltemal oorgeneem,” sê Senga.

Nietemin glo sy daar is steeds aanpassings wat gemaak kan word om jonger gehore na die teater te lok.

“Ek dink daar is ander style vir jongmense. Ek dink ons ​​moet hulle teater gee waarmee hulle kan vereenselwig, met selfone en tegnologie,” verduidelik sy.

Senga sê dit kan vir talle mense moeilik wees om teater te verstaan, aangesien dit soms abstrak kan wees.

“Ek sal teater egter verdedig – daar is groot waarde daarin. Daar is ’n onmiddellike uitruiling van energie in die teater – tussen die akteurs en die gehoor en ook onder mekaar. As 100 mense in ’n teater saam met jou hartseer is oor ’n toneelstuk, is dit anders as wanneer dit net jy en jou Netflix is,” sê sy.

Die vertoning begin Vrydag om 19:00 by die Frans-Namibiese Kultuursentrum in die hoofstad.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34% Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34%