Lin-Mari lui lente met oorgawe in
‘Alles’ gee pas aan vir toekomstige projekte
Lin-Mari se nuutste enkelsnit is vandag op alle musiekstromingsplatforms beskikbaar.
Lin-Mari, vanjaar se wenner van Voice of Namibia, lui die lente behoorlik met haar nuutste enkelsnit “Alles” in, wat deur Hugo Ludik, ’n bekende Suid-Afrikaanse musiekvervaardiger en sanger, vervaardig is.
“Ek stel dit juis op Lentedag vry omdat die lenteseisoen mense laat goed voel en ek dink die liedjie gaan mense ook laat goed voel,” sê sy.
Die sangeres met snitte soos “The Fool” en “As Niemand Daar Is Nie” agter haar naam, het die afgelope naweek by die Outjo Wildsfees die dansvloer aan die brand gesing toe sy die gehoor ’n voorsmakie van die enkelsnit gegee het.
Sy sê die gehoor se reaksie op die liedjie het haar aanvanklik verwar.
“Toe mense op die liedjie begin dans, het ek gewonder of hulle dans omdat dit ek is wat sing en hulle my ken, of is dit omdat hulle die liedjie geniet? Toe mense na die tyd na my toe kom en vra wie se liedjie dit is, het ek besef hulle het daarvan gehou.”
Selfs bekende kunstenaars by die fees het met lof van die enkelsnit gepraat, sê Lin-Mari.
Sy onthou sy was aan die begin benoud oor die vrystelling van die enkelsnit toe die opname en produksie begin het.
“Nadat ek mense se eerste reaksie op die liedjie gesien het, is ek opgewonde. Ek is steeds op my senuwees, maar ek is opgewonde dat mense die liedjie hoor,” het sy gesê.
“Alles” sal vir Lin-Mari die pas aangee vir toekomstige projekte.
“Ek het al baie liedjies geskryf, dus as mense hiervan hou, sal ek oor die komende maande dié liedjies ook vrystel.”
Die enkelsnit is vandag op alle musiekstromingsplatforms beskikbaar.
– [email protected]

Kommentaar
Alinda Lu'Mar
Lin-Mari is die 2021 Wenner van Voice of Namibia, die nuwe Wenner word 12 November gekies.