Lees en skryf in Martha se bloed

Skrywer, proefleser, resensent
Sy het haar lewe lank geloop met die drang om te skryf, maar het eers werklik in 2017 ernstig daaraan begin werk. Sedertdien het Martha Poller se vyfde boek, Vreemdeling, onlangs sy buiging gemaak met die hoofkarakter Petrus wat sy sê vir baie lank amper vir haar soos die familielid gevoel het van wie jy glad nie praat nie!
Henriette Lamprecht
Ek het aan hom lewe gegee, maar ek kon hom nie met die buitewêreld deel nie. Ek en hy moes eers ordentlik afskeid neem voordat ek bereid was om die boek na my uitgewer toe te stuur. Ja, Petrus wou maar net nie laat los nie, hoor.”

So skryf Martha Poller per e-pos in reaksie op ’n reeks vrae oor buiten die skryfgogga en haar geliefde Petrus, ook oor haar “partner in crime” en karakters wat goed doen wat sy glad nie voorsien het nie.

’n Mens karring nie aan ’n lekkerlees-antwoord van ’n ervare en bekwame skrywer nie. Daarom, hier is Martha Poller in haar eie woorde.

“Iemand vra my nou die dag wie is Martha Poller nou eintlik?

Die onderwyseres? Nee!

Die skrywer? Ook nie!

Nou wie is jy dan, Martha?

Wel, ek het vir jare skoolgehou en ek het al ’n boek of vyf geskryf, maar dis glad nie wie ek is nie. Ek is vrou van die wonderlikste man, ma van ’n handvol kinders en ouma van drie pragtige kleinkinders. Ja, dit is wie ek is!

Nadat ons byna 37 op Keetmanshoop gewoon het, het ons in April Walvisbaai toe verhuis. Dit was regtig nie ’n maklike proses van wortels optrek en verplant nie, maar hier is ons nou – baie gelukkig en tevrede in ons veel kleiner blyplekkie as voorheen. Ja, met die jare wat aanstap, is daar altyd dinge wat jy wéét jy nie verby kan kom nie. Dinge wat jy óf maar net kan aanvaar, óf teen die prikkels skop tot die bloed loop en dan in elk geval maar uiteindelik aanvaar. Dit is min of meer hoe dit met ons ook gegaan het. . . sonder dat die prikkelskop darem te veel bloed laat loop het.

Terwyl die skryfgogga sluimerend was, het ek glad nie stilgesit nie, hoor. Ek het myself bekwaam as proefleser en resensent. Dit is vir my pure plesier om ’n boek taalkundig te versorg en dan sommer ’n resensie ook te skryf daaroor. Kortom – lees en skryf is in my bloed en ek floreer op albei.

Ek het my lewe lank geloop met die drang om te skryf, maar het eers werklik in 2017 ernstig daaraan begin werk. Sedertdien is Vreemdeling my vyfde boek wat op die rak is.

Ongelukkig gebeur daar soms dinge wat my so ’n bietjie van die pad af vat en dan sukkel dit maar om te skryf. Eers het ek redelik gesukkel met ’n rugbesering (waarmee ek intussen geleer het om saam te leef) en toe besluit ons om te trek. Nou daag ek enige een uit om in te pak en te trek en dan nog die rekenaar aan die gang te hou met ’n klomp wispelturige karakters! Vir my het dit net glad nie gewerk nie. Vreemdeling was toe reeds voltooi, maar dit is eers onlangs gepubliseer.

Jy sien, Petrus (die hoofkarakter) was vir baie lank amper vir my soos daardie familielid van wie jy glad nie praat nie. Regtig! Ek het aan hom lewe gegee, maar ek kon hom nie met die buitewêreld deel nie. Ek en hy moes eers ordentlik afskeid neem voordat ek bereid was om die boek na my uitgewer toe te stuur. Ja, Petrus wou maar net nie laat los nie, hoor.

Wanneer ek die dag aan die skryf gaan, het ek geen einde nie. Ek het nie ’n vaste roetine nie, dit neem sommer net my hele wêreld oor. Ek slaap gewoonlik baie min vir maande aaneen totdat ek klaar is met ’n boek. Dit is soms so erg dat ek tot in my drome probleme in die storielyn probeer oplos – tot groot vermaak van my man wanneer ek dit aan hom vertel.

Die oorsprong van Vreemdeling was eintlik heel toevallig. Ek het toe reeds die karakter van Petrus gehad en rondgespeel met ’n storielyn, maar was nog nie lekker aan die skryf daarmee nie. Toe lees ek iewers van ’n baie ryk manspersoon wat gereeld net van die huis af verdwyn en dan op ’n dag sommer net weer tuis opdaag asof daar niks intussen gebeur het nie. Wel, sonder om nou die storie vooruit te loop, is Petrus uit ’n gesprek met my man oor bogenoemde onderwerp gebore.

Ja, my man is werklik in baie gevalle my partner in crime. Ons kan ure lank gesels en bespiegel oor gebeure in my stories – hy laat my soms wakker lê oor alles wat hy reken wel met my karakters kan gebeur. So erg dat ek hom soms moet vra om liewer maar op te hou, my storie gaan of te lank, of te deurmekaar gaan. Hy sal dit nooit erken nie, maar ek dink hy is mal daaroor as ek ’n voorstel of twee van hom in my verhaal gebruik.

Jy hoor dikwels dat ’n skrywer kla dat hulle karakters, soos die gesegde dit het, wegkom met moord. Dit is werklik so. Hoe verder jy vorder, hoe meer gebeur dit dat jou karakter dinge doen wat jy glad nie voorsien het nie. Dit is maar hoe jou karakter groei en julle mekaar ‘leer ken’!

In Vreemdeling kry ons te doen met dinge wat vandag ook aan die orde van die dag is: Dwelmmisbruik, skelm verhoudings oor die kleurgrens heen, misdaad, die lewe in die tronk, aangenome kinders. . . Daar is niks buitengewoon aan die storielyn nie.

Petrus en Ina Lambert voer ’n redelik gelukkige huwelik, totdat hy hoor van sy ma se dood. Hy word gedwing om terug te gaan na die dorpie wat hy met ’n passie gehaat het. Opeens lê sy lewe weer rou en seer voor hom. . .

Ina het haar eie worstelstryd wanneer Petrus vertrek: ‘Sal hy ooit weer huis toe kom? Wat as hy weer. . . Sê nou maar hy doen dit weer? Nee, asseblief tog, Here, net nie dit nie! Help asseblief my Petrus dat hy kop sal hou en huis toe kom as alles klaar is.’

Petrus word gedwing om die pad terug te loop tot by die aand wat sy pa gearresteer en in die tronk gegooi is. Dit is die aand toe alles onherroeplik verander het en niks ooit weer dieselfde was nie. Die vredeliewende, vrolike seun raak ’n verbitterde en opstandige tiener. Hy word groot met die groot vraag in hom: ‘Wie is ek regtig?’

Die vraag is nou of hy ooit werklik sal kom by die punt dat hy vrede maak met wie hy is en waar hy vandaan kom.

Is dit nie maar soos wat dit met baie van ons ook is nie? Ons wil so graag ánders wees, ánders lyk, ánders doen. Net om dan uiteindelik by die punt te kom dat ons besef ek is ek en al wat ek daaraan kan doen, is om vandag en elke dag die beste ek te wees wat ek kan!”

*Die boek is beskikbaar by Malherbe Uitgewers in Suid-Afrika. https://www.malherbe-uitgewers.co.za/martha-poller

– henriette@republikein

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Wolves 2 vs 1 Luton Town | West Ham 2 vs 2 Liverpool | Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Wolves 2 vs 1 Luton Town | West Ham 2 vs 2 Liverpool | Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026