Photo Caption
Photo Caption

Landi tree op in Nashville

Patricia van Rooi

Die country-rocksanger, Landi, wat in Keetmanshoop gebore is, neem haar musiektalent al die pad van die suide van Namibië na die wêreldverhoog. Nadat sy in 2024 by die Amerikaanse Texas Sounds International Country Music Awards uitgeblink het deur die toekennings vir die beste oorspronklike liedjie en liedjie van die jaar vir ‘I Will Find You’ te wen, het sy hierdie sukses verlede jaar opgevolg met die toekenning vir vervaardigerskeuse van die jaar. Haar internasionale erkenning het nou die weg vir haar volgende groot mylpaal gebaan: Sy het die naweek by die Texas Sounds International Country Music Awards in Nashville, Tennessee, opgetree en gaan drie nuwe liedjies by ’n ateljee daar opneem. FOTO VERSKAF



Kommentaar

Republikein 2026-10-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer