Lag 'n slag
Platform vir talent
Namibië en die Nasionale Teater van Namibië (NTN) is vanaand die gasheer vir van Afrika se voorste komediante wat beloof om jou van jou sorge te laat vergeet en jou te laat rol (of huil) van die lag. Die room van komedie is deel van The Hoeked Comedy All Stars wat deur L.A. Entertainment en met die ondersteuning van Simonis Storm en Arysteq Asset Management, aangebied word. Die internasionaal-erkende Suid-Afrikaanse komediant Loyiso Gola, wat met twee Emmy-nominasies spog en Netflix-ster vir sy snydende satire, lei die span komediante. Saam met hom is Dillan Oliphant, 'n gunsteling onder bewonderaars wat sy buiging op Trevor Noah se Nationwild Tour gemaak het. Rob van Vuuren, veelsydige komediant en akteur wat geen bekendstelling in suidelike Afrika nodig het nie, deel verder die verhoog. Waylene Beukes wat feeds 'n stewige basis bewonderaars vir haar talent opgebou het, verteenwoordig Namibië.
As deel van die komediefees is 'n spesiale werkwinkel ook gehou wat gelei is deur die internasionaal-erkende komediant, akteur en regisseur en Takunda Bimha, 'n veteraan bemarker van komedie en stigter van die Johannesburg International Comedy Festival. Die sessie met opkomende Namibiese komediante en rolspelers in die bedryf, was daarop gemik om maniere te ondersoek vir die ontwikkeling van plaaslike talent, die groei van die mark, asook oorgrens-samewerking in die komediebedryf.
"Met The Hoeked Comedy All Stars bou ons meer as 'n vertoning. Ons skep 'n platform wat talent vorm, die bedryf laat groei en bydra tot 'n breër kulturele en kreatiewe ekonomie in Namibië," sê Andriette (AndyH) Heuer van L.A Entertainment.
Kaartjies is beskikbaar by Webtickets en Pick n Pay-takke met die vertoning wat om 19:00 begin.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie