Kry vir jou 'n Coke

Henriette Lamprecht
Hy het die musiektoneel met ‘n helse slag getref in ‘n ‘band’ wat se naam jy nie sommer hardop voor jou ma of tydens die dominee se huisbesoek sou uiter nie. Terloops, sy pa is ‘n dominee. Francois Badenhorst oftewel Francois van Coke, die ‘rocker’ en liedjieskrywer se berugte toetrede tot die Suid-Afrikaanse ‘rock’toneel was as voorsanger van Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel, maar in 2015 skop hy sy sololoopbaan af met die vrystelling van Toe vind ek jou saam met Karen Zoid. Die res is Coke-geskiedenis met sy album wat die eerste Afrikaanse album en ‘single’ is wat terselfdertyd die eerste plek op die Suid-Afrikaanse iTunes Store behaal. Toe Vind Ek Jou is toe meer as 20 000 keer op iTunes afgelaai en die musiekvideo binne ses maande meer as ‘n miljoen keer gekyk. Verskeie albums het daarna gevolg en sluit in Hierdie is die Lewe en Dagdrome in Suburbia. Van Coke ‘rock’ vanaand by Sound Garden, jy moes al jou kaartjie by Webtickets gekry het! Kyk: https://q.my.na/W1IO

Kommentaar

Republikein 2025-09-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer