Justisieminister nou OYO se beskermvrou
Die Ombetja Yehinga Organisation (OYO) se dansgroep het onlangs, op 22 Februarie, sy repertoriumstukke Another party with Helen en Value thy Earth opgevoer en die openbare première van Finlandia by die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) voor ’n groot gehoor gehou.
Tydens die geleentheid het OYO se direkteur, Philippe Talavera, die organisasie se program vir 2023 bekend gemaak. Hoogtepunte op dié program sluit in 'n kabaret-produksie getiteld Remembering Johnny wat OYO in Augustus in samewerking met die FNCC en plaaslike skole op die planke wil bring, 'n interdissiplinêre dansstuk Picasso's Letters in samewerking met die ambassade van Spanje en die vervaardiging van die organisasie se nuwe film as deel van 'n projek wat met straatkinders werk – in samewerking met die ambassade van Duitsland.
Die OYO-raadsvoorsitter, Theopolina Kueyo, het ook aangekondig dat Yvonne Dausab, Namibië se minister van justisie, as die organisasie se eerste beskermvrou gekies is.
“OYO het pas 20 jaar oud geword. Die organisasie het, danksy sy toegewyde personeel – in die verlede en nou – baie jongmense oraloor Namibië geraak. As ’n belangrike mylpaal het ons vanjaar besluit om ’n prominente persoon te nooi om ons beskermvrou te word. Ons sien dié persoon as 'n gerespekteerde individu wat die werk wat OYO doen, ken en waardeer en kan bydra om geloofwaardigheid aan ons werk te verleen.”
Dausab het dié titel persoonlik in ontvangs geneem en gesê: “Dit was nie moeilik om ja te sê vir die uitnodiging nie, want OYO werk uit die hart. Die werk wat die organisasie met dans en kuns doen, is prysenswaardig. Dit bereik die jeug op 'n manier wat uniek en impakvol is. Ek voel geëerd om hul eerste beskermvrou ooit te wees.”
Talavera het beaam dat die minister se toekomstige betrokkenheid baie vir die organisasie beteken, siende dat sy belange en ’n hand het op die gebiede van toegang tot geregtigheid, regte vir diegene met gestremdhede, kinderregte, grondwetlike en menseregtewetgewing.
“Ons waardes stem baie ooreen.”
OYO is 'n Namibiese trust wat ten doel het om maatskaplike bewustheid deur die kunste te skep.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie