Jonk saam met OYO
Die Europese Unie (EU) vier jaarliks Internasionale Jeugdag by sy hoofkwartier in Brussels en ook deur sy afvaardigings oraloor die wêreld. Natuurlik is dit in Namibië ook die geval waar die EU-afvaardiging oudergewoonte hande vat met verskeie vennote en rolspelers om geleenthede te skep nie net fokus op die deelname van jong mense nie, maar wat hulle ook bemagtig. Vanjaar is die Ombetja Yehinga Organisation (OYO) se ongelooflike dansgroep weer deel van die vieringe Dinsdag wat by 10 skole sal plaasvind. OYO is daarop gemik om deur die gebruik van kuns en dans maatskaplike bewustheid onder jong mense te skep. Kliek hier: https://q.my.na/C5H3


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie