Jazzgenot in die hoofstad

’n Informele, lighartige gesprek
Dit is Stefan Bauer en Michael Heupel se eerste optrede in Namibië.
Yandi Du Plessis
Die Duitse ambassade bied vandeesmaand ’n jazzkonsert getiteld tête-à-tête deur die Duitse musikante Stefan Bauer op die vibrafoon en Michael Heupel op die fluit aan.

Die term “tête-à-tête” verwys na ’n informele, lighartige gesprek tussen twee mense, veral vriende, wat Bauer en Heupel musikaal in hul uitvoering sal uitbeeld.

Die konsert vind op 17 Junie plaas by die Deutsche Höhere Privatschule in Windhoek, en toegang is gratis. Dit is die eerste keer dat die twee musikante in Namibië optree en hul eerste openbare optrede saam.

AGTERGROND

Die vibrafonis Bauer is aktief as beide ’n instrumentalis en as komponis in ’n wye musikale veld tussen tradisioneel en meer avant-garde. Sy reise oor die hele wêreld en het gelei tot 12 albums wat tot dusver onder sy naam vrygestel is. Bauer is nou al dekades lank deel van Duitsland se jazztoneel sowel as New York s’n, sy tuiste van 22 jaar.

Hoogtepunte van sy reise sluit in konserte met Dou Dou N’Diaye Rose in Dakar, Senegal, Bernard Woma in Accra, Ghana, T.A.S. en Rama Mani in Bangalore, Indië, Kenny Wheeler in Winnipeg in Kanada, konserte in Portugal en Spanje met Christoph Haberer en Ramesh Shotham en saam met Karolina Strassmayer in New York, om net ’n paar te noem. .

Hy is tans deel van ’n duo saam met die multifluitspeler Heupel; asook van die Brooklyn-gebaseerde Relative Motion Trio met David Bindman op die saksofoon/fluit, Michael Sarin op tromme, en hyself op die marimba; en sy vyfstuk-ensemble van baie jare, Voyage.

Heupel is in Bonn, Duitsland, gebore en het fluitspel aan die Hochschule für Musik Köln gestudeer. Hy fokus hoofsaaklik op geïmproviseerde musiek en jazzmusiek. Met sy soloprogram Flute News (wat slegs oorspronklike komposisies bevat) het hy op feeste in Montreal en Toronto gespeel, sowel as in New York, Chicago, Philadelphia en Boston.

Met sy eie Jazzkwartet het hy ’n konserttoer in Australië en Nieu-Seeland vir die Goethe-Instituut gespeel. Hy het agt keer na Afrika gereis om saam met verskillende ensembles te speel, insluitend toere saam met die kitaarspeler Uwe Kropinski na Oos-Afrika en na Wes-Afrika saam met Bauer. Hy het ook al fluit-solokonserte in Khartoem in Soedan opgevoer. Hy het ook al talle toere na Brasilia, Australië, Indië, Indonesië en Marokko onderneem.

Heupel het by die musiekhoërskole van Köln en Düsseldorf onderrig gegee en het werkwinkels by verskeie musiekakademies in Europa aangebied.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!