...is Win’Doek hierso!
Doek! Literêre Tydskrif (Doek!) is 'n gratis, onafhanklike en Pan-Afrikaanse aanlyn literêre tydskrif wat in Windhoek, vervaardig word. Dit publiseer kortfiksie, niefiksie, poësie en visuele kuns uit Namibië, Afrika en die Afrika-diaspora.
Doek!, wat in 2019 gestig is, is 'n belangrike stap – maar nie die enigste stap nie – in die rigting van die skep van 'n diverse, nuuskierige en robuuste literêre kultuur in Namibië. Deur diverse skrywers en visuele kunstenaars te publiseer, poog Doek! om 'n ontmoeting tussen plaaslike en internasionale storievertellers en 'n globale gehoor te bied. Die 17de uitgawe van die tydskrif is nou oop vir voorleggings van nuwe en opwindende skryfstukke - van poësie tot prosa - asook visuele kunste om hierin te verskyn. Vereistes vir voorleggings sluit in:
FIKSIE EN DIGKUNS
Namibiese burgers wat in die land of in die diaspora (buite Namibië) woon, en
Buitelanders wat permanent in Namibië gevestig is.
NIFIKSIE EN VISUELE KUNS
Namibiese burgers wat in die land of in die diaspora (buite Namibië) woon asook Afrika-skrywers en die van Afrika-afkoms wat op die vasteland of in die diaspora soos Noord- en Suid-Amerika, die Karibiese eilande, Europa of elders woon.
Inskrywings vir moontlike publikasie sluit Dinsdag 31 Maart om middernag. Die reëls en riglyne vir voorlegging asook enige verdere inligting is op die webtuiste www.doeklitmag.com beskikbaar.
doek | (dʊk) | (selfstandige naamwoord): 'n lap of 'n kopdoek.
'Doek | (dʊk) | (selfstandige naamwoord): Windhoek, die hoofstad van Namibië.
Doek! | (dʊk) | (selfstandige naamwoord): 'n Literêre tydskrif van Namibië.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie