Die komediant Eddie Murphy is met die Cecil B. DeMille-prys vir sy lewenswerk vereer. Foto Netwerk24
Die komediant Eddie Murphy is met die Cecil B. DeMille-prys vir sy lewenswerk vereer. Foto Netwerk24

Hier is vanjaar se Golden Globe-wenners:

Yandi Du Plessis
The Fabelmans het die Golden Globe as beste dramatiese rolprent gewen en Steven Spielberg is vereer as beste regisseur vir sy semi-outobiografiese rolprent.

Voorts is die komiese rolprent The Banshees of Inisherin met die Golden Globe vir beste musiekspel of komiese rolprent vereer.

Die akteur Austin Butler is uitgesonder vir sy rol as die rockkoning in Elvis. Hy is die beste akteur in ’n dramatiese rolprent, terwyl Cate Blanchett bekroon is as beste aktrise vir haar vertolking in Tár.

Die akteurs Michelle Yeoh en Colin Farrell is bekroon as beste akteurs vir hul spel in onderskeidelik die komiese rolprent Everything Everywhere All at Once en die musikale prent The Banshees of Inisherin.

Die 80ste Golden Globes-toekenningseremonie is in The Beverly Hilton-hotel in Beverly Hills, Los Angeles, in Kalifornië aangebied. Dit het vanjaar voortgegaan nadat dit verlede jaar nie uitgesaai is nie weens omstredenheid rakende diversiteit in die Hollywood Foreign Press Association, wat die eerbewyse jaarliks uitdeel. Baie sterre het ook verlede jaar die aand geboikot.

Vanjaar se gasheer, die komediant Jerrod Carmichael, het prontuit in sy openingstoespraak gesê hy is daar omdat hy swart is. Hy het ook later ’n grap in swak smaak gemaak deur na die hotel waarin die seremonie gehou is te verwys as “die hotel wat Whitney Houston doodgemaak het”. Houston is in 2012 dood aangetref in ’n hotelkamer daar.

Farrell het in sy toespraak gesê dat hy nie verwag dat rolprente sal werk of ’n gehoor sal vind nie. “Wanneer dit die geval is, is dit steeds vir my ’n skok,” het Farrell in sy ontvangstoespraak gesê. Hy het sy medester Brendan Gleeson bedank en gesê hy streef daarna om sy gelyke te wees. Farrell, wat vroeër vandeesweek ook ’n prys van die National Board of Review gewen het, is nou ’n sterk voorloper vir ’n Oscar as beste akteur.

House of the Dragon is vereer as beste dramareeks, terwyl die swartkomediereeks The White Lotus: Sicily uitgeblink het as beste beperkte televisiereeks. Die koms van ’n derde seisoen, wat in Asië gaan afspeel, gaan volg op die wegholsukses van die tweede seisoen, is onlangs bekendgemaak. Die eerste seisoen, wat in Hawaii afgespeel het, het tien Emmy-pryse ingeoes. Jennifer Coolidge is vereer as beste byspeler daarin.

Evan Peters is as beste akteur vir sy spel as Jeffrey Dahmer in ’n beperkte reeks Monster: The Jeffrey Dahmer Story aangewys en Amanda Seyfried is vereer as beste aktrise vir haar vertolking in die televisiereeks The Dropout. Peters sê dit was ’n moeilike reeks om te maak “en ’n moeilike reeks om na te kyk, ek hoop daar het iets goeds van gekom”.

Die reeks Abbott Elementary het gewen in die kategorie vir beste televisiereeks, musiekspel of komedie.

Die rolprent Argentina, 1985 het die goue beeldjie ontvang vir beste rolprent in ’n ander taal as Engels. Dit handel oor ’n jong en onervare regspan wat Argentinië se militêre diktatorskap in die hof die stryd aansê. Die regisseur is Santiago Mitre.

Sy herverbeelde Pinocchio, die klassieke verhaal van ’n houtpop wat ’n seuntjie word, het aan die Mexikaanse regisseur Guillermo del Toro die Golden Globe vir beste animasieprent besorg. Hy sê dit is nie eintlik ’n rolprent vir kinders nie.

ANDER WENNERS:

Quinta Brunson wen die Golden Globe vir beste aktrise in ’n musiekspel of komiese televisiereeks vir haar rol in die televisiereeks Abbott Elementary.

Jeremy Allen White ontvang die eerbewys vir beste akteur in ’n musiekspel of komiese televisiereeks vir The Bear.

Beste manlike byspeler in ’n musiekspel of komiese televisiereeks: Tyler James Williams vir Abbott Elementary.

Beste byspeler in ’n drama: Ke Huy Quan vir Everything Everywhere All at Once.

Beste vroulike byspeler in ’n rolprent: Angela Bassett vir Black Panther, Wakanda Forever.

Beste byspeler in ’n beperkte televisiereeks: Paul Walter Hauser vir Blackbird.

Beste oorspronklike lied: M.M. Keeravani vir “Naatu Naatu” in die rolprent RRR.

Beste draaiboek: The Banshees of Inisherin.

Beste oorspronklike klankbaan: Justin Hurwitz vir Babylon.

Beste akteur in ’n dramatiese televisiereeks: Kevin Costner vir Yellowstone.

Beste aktrise in ’n dramatiese televisiereeks: Zendaya in Euphoria.

Beste aktrise in ’n musiekspel of komiese televisiereeks: Julia Garner vir Ozark.

Die komediant Eddie Murphy is met die Cecil B. DeMille-prys vir sy lewenswerk vereer en Ryan Murphy het die Carol Burnett-prys ontvang.

Helen Hoehne, die president van die Hollywood Foreign Press Association, het die bedryf bedank vir sy ondersteuning in die viering van die Golden Globes se 80ste aanbieding. Sy het ook laat blyk dat diversiteit en verteenwoordiging aandag geniet. “Ons gaan voort om groepe te steun wat aan ’n verskeidenheid stemme gehoor gee en is toegewy daaraan om ons organisasie verteenwoordigend te maak.”

Bron: Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%