Hester skryf 'n boek
Gebore uit vreugde en vrees, wense en waarheid
Danksy die 'skop onder die agterent' van 'n vreemdeling en 'n 'voorskiet'-engel sien Kreef en Kaiings eersdaags die lig.
Haar eie boek. ’n Regte, egte boek van papier met woorde wat sy self geskryf het. ’n Boek gebore uit vreugde en vrees, plesier en pyn, wense en waarheid.
Hester Steenkamp van Hakieshart-faam en voormalige rubriekskrywer van Republikein wat lesers oorrompel het met haar dikwels rou ervaring van die lewe op ‘n plaas in die kloue van die droogte in die Suide van die land, maar ook haar fyn waarnemersoog waarmee sy ook na die soet van die lewe kyk, se boek Kreef en Kaiings is op pad drukkers toe.
‘n E-pos het in swart op wit bevestig haar hoe haar grootste droom “voor my oë werklikheid word”. En hoewel haar binneste borrel van opwinding, erken Hester “ek gaan nie jok nie, daar borrel ook ‘n bietjie (lees baie) vrees!”.
Haar eie boek is iets waaroor sy net kon droom, vertel Hester. Maar danksy ‘n “skop onder haar agterent deur ’n totale vreemdeling” (wat intussen ’n vriendin geraak het), sit Hester met ‘n ‘amper’-boek op haar rekenaar se skerm.
“Sy het my nie net in die regte rigting beduie nie, maar ook haar eie geld voorgeskiet het, en eintlik die hele ding gereël het nog voordat ek haar ontmoet het.”
Dis een deurlees weg van ’n boek wat sy tussen haar hande kan hou en kan ruik en wat Hester kan nalaat aan haar kinders en kleinkinders, sê sy.
“Die vrees raak nou ook ’n nare werklikheid, want hierdie boek moet verkoop word sodat ek my ‘voorskiet’-engel kan terugbetaal.”
Haar ‘voorskiet’-engel Petro sal altyd ’n helder ster in haar hemel wees, want watter persoon wat hulself graag ’n skrywer wil noem, smag nie na hierdie oomblik nie?
“Vir ewig en altyd sal ek haar styf teen my hart hou.”
Maar vir nou lees Hester dat die spoeg spat sodat haar skryfsels gouer as later 'n fisiese ‘vashou’boek kan word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie