FOTO VERSKAF
FOTO VERSKAF

Heeltyd speeltyd

Henriette Lamprecht
Van handgemaakte speelgoed gevorm uit hout en die fynste borsspelde met die hand geborduur tot teddiebere vorm deel van Bellhaus Atelier & Galery se nuwe toevoeging tot die Everyday Art Collection. Kinder is ‘n versameling van spesiaal uitgesoekte items wat ontwerp is om speeltyd te verryk en kosbare koesteroomblikke te skep.

Die Kinder-kategorie vier die vreugde van speel vir alle ouderdomme en is tydlose skeppings wat kinders - en volwassenes - uitnooi om die pas vir ‘n wyle te makeer en net kreatief te speel en te ontspan. Elke item is met sorg en liefde gemaak en is ‘n mengsel van vakmanskap en kuns.

The Everyday Art Collection is ‘n viering van tydlose kunstenaarskap en daaglikse rituele van vorige generasies die verweef van hout, klip, wol, keramiek, skilderdoek en papier. Met dié kunsversameling bied Bellhaus ‘n platform aan kunstenaars om hul onderskeie werke aan die publiek te verkoop. Sodoende word ‘n gemeenskap van kreatiewe talent geskep en die skoonheid van toeganklike, praktiese en ‘elke dag’ se kuns in al sy vorme gevier. The Everyday Art Collection is onmiddellik vir aankope by die galery beskikbaar.

Kommentaar

Republikein 2026-01-31

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer