Gesoek: Kreatiewe siele
Kunstenaars, skeppers, ontwerpers - enige persoon wat die lewe deur ‘n kreatiewe bril beloer, het die kans om die Goethe-Institut Namibia in Windhoek se parkeerterrein as ‘n tydelike verhoog vir hul kreatiewe skeppings te gebruik. Die instituut ondergaan tans broodnodige opknappingswerk, maar kreatiewe siele kan steeds die buitenste ruimte gebruik vir kleinskaalse openbare geleenthede of dan hul kreatiewe skeppings.
Goethe-Institut verwelkom voorstelle van kreatiewe persone met idees wat die openbare ruimte deeglik benut sal. Alle voorleggings sal deur die instituut se kuratoriese span oorweeg word.
Ideale geleenthede sluit in opwip-optredes in musiek, dans en voordrag; visuele of interaktiewe installerings; ligte- of projeksiestukke wat min tegnologie vereis; aktiwiteite waaraan gemeenskappe kan deelneem; buitemuurse kreatiewe werkwinkels of speelse sosiale eksperimente in openbare ruimtes.
Die Goethe-Institut Namibia sorg vir toegang tot die ruimte tydens die ooreengekome datums en sal basiese tegniese en logistieke ondersteuning gebaseer en ooreengekom op die vereistes van die projek verskaf. Verder help die instituut met sigbaarheid op al hul kommunikasieplatforms, asook ‘n toegewyde produksiebegroting in pas met die skaal en behoeftes van die aansoek. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 10 April. Slegs suksesvolle kandidate sal twee weke na die die sluitingsdatum gekontak word. Vir meer besonderhede en die aansoekvorm, besoek die webtuiste https://www.goethe.de of stuur ‘n e-pos aan


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie