Fragmente van jou wêreld
Die kuns van collage is soveel meer as net die blote komposisie of saamstel van iets. Dit is ‘n reis. As ‘n kunsvorm is dit die alchemie van die kombinasie van verskillende en uiteenlopende materiale en inspirasies wat aanklank hier diep binne jou vind. Dit is om die wêreld om jou te verslind, dit wat jou binneste roer, wat jou laat onthou, wat jy koester en wat jy wil vasvang alles saam op een plek - van ou rolprente, musiek, boeke, drome, natuur en meer - tot iets wat werklik outentiek en ‘jy’ is. Soos die gevierde Franse en Switserse filmregisseur, draaiboekskrywer en filmresensent, Jean-Luc Godard gesê het: Dis nie waar jy dinge gaan haal nie, dis waarheen jy hulle neem”.
Teen die tyd wat jy hierdie sin lees, moet jy beslis nuuskierig en geprikkel genoeg wees om ook jou reis na jou gunsteling onthou’s en inspirasies te neem en dan is Club Collage wat vandag by die Bellhaus Atelier & Galerie aangebied word, die plek waar jy móét wees. Tydens Club Collage word die geskiedenis van dié unieke kunsvorm gedeel met inspirerende kunwerke wat gedeel word wat die grense van collage-kuns verskuif het en wys hoe verskillende materiale gekombineer kan word om boeiende komposisies te skep. By Club Collage is jy vry om te kom ‘speel’ en waar enigiemand ‘n kunstenaar kan wees en hul gedagtes en kreatiwiteit vrye teuels te gee. Ontdek eindelose moontlikhede om jou unieke stempel af te druk en ontdek die mooi en die bevrediging om iets nuuts uit die fragmente van die wêreld om jou te skep.
Club Collage begin om 17:00 en duur tot 20:00. Dit is geskik vir alle vlakke en jy hoef beslis nie ‘n ‘kunstenaar’ te wees om deel te neem nie. Kinders bo die ouderdom van 10 jaar is welkom, maar moet deur ‘n volwassene vergesel wees. Die koste is N$300 per persoon en sluit alle materiaal in. Kliek hier: https://q.my.na/3NZT

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie