Fantastiese fliekpret volop in 2023

Yandi Du Plessis
Rolprente oor drie groot geskiedkundige figure, ’n hele paar superheldprente, die terugkeer van Harrison Ford as die sjarmante Indiana Jones, ’n vierde Star Trek, ’n derde Legally Blonde, ’n tiende Fast and Furious en ’n tweede The Excorcist – reggelees, amper ’n halfeeu ná dié eerste hellevaart van ’n fliek uitgereik is – wag vanjaar op fliekvlooie.

Daar is natuurlik baie meer fliekgenot wat wag, maar hier word gefokus op die uitskieters.

Drie groot geskiedkundige figure kry vanjaar hul eie prente: Oppenheimer van die regisseur Christopher Nolan oor J. Robert Oppenheimer; Napoleon van die regisseur Ridley Scott; en die aktrise Helen Mirren as die Israelse premier Golda Meir in Golda.

• Oppenheimer is gegrond op die Pulitzer-bekroonde boek American Prometheus: The Triumph and Tragedy of J. Robert Oppenheimer, wat handel oor die Amerikaanse wetenskaplike J. Robert Oppenheimer en die ontwikkeling van die atoombom gedurende die Tweede Wêreldoorlog (bekend as The Manhattan Project). Oppenheimer word vertolk deur die akteur Cillian Murphy.

Dit is Nolan se 12de prent en is verfilm met kameratoerusting geskik vir IMAX-vertonings. In ’n onderhoud het die regisseur gesê: “Dit was uiters belangrik om die gehoor te verplaas na die denke en ervaringe van die man wat ons wêreld vir altyd verander het.”

Daar was groot logistieke en visuele uitdagings, soos Nolan se besluit om geen rekenaargeskepte visuele effekte te gebruik nie in die herverbeelding van die Trinity-toets in Nieu-Mexiko in Julie 1945, waar die heel eerste atoombom laat ontplof is. Dit was kort voordat Amerika soortgelyke bomme op Nagasaki en Hirosjima laat ontplof het.

Robert Downey jr., Emily Blunt en Matt Damon is ook te sien in dié langverwagte prent.

• Die biografiese oorlogsdrama Napoleon van die 85-jarige regisseur Ridley Scott, met Joaquin Phoenix in die rol van die Franse keiser en genl. Napoleon Bonaparte, karteer sy opmars na mag, maar ook sy ondergang.

Volgens berigte word ses groot veldslae uitgebeeld in die epiese prent en Phoenix se vrae oor die draaiboek het Scott genoop om dit te herskryf. Die Britse aktrise Vanessa Kirby is te sien as Napoleon se vrou, keiserin Joséphine.

• Helen Mirren is te sien as Golda Meir in die biografiese prent Golda, wat fokus op die premier van Israel, bekend as die ystervrou van Israel, se leierskap gedurende die Jom Kippoer-oorlog in 1973. Die regisseur is Guy Nattiv. In ’n instagram-plasing het hy die prent opgedra aan die 2 656 mense wat gesterf het in dié oorlog.

• Bradley Cooper ondergaan ’n gedaantewisseling in die biografiese drama Maestro oor die lewe van die Amerikaanse komponis, pianis, skrywer en humanis Leonard Bernstein. Cooper is ook die regisseur.

• Voorts kan uitgesien word na ’n musikale verwerking van Alice Walker se roman The Color Purple, wat handel oor Celie, ’n jong, swart Amerikaanse vrou wat deur haar pa verkrag is en twee van sy kinders grootgemaak het voordat sy gedwing is in ’n huwelik met ’n man wat haar mishandel het. Dit speel af in die vroeë 1900’s in die suide van Amerika. Die regisseur is Blitz Bazawu.

• Harrison Ford keer terug as die argeoloog Indiana Jones in Indiana Jones and the Dial of Destiny. Dit is die vyfde prent in die reeks. Die Fleabag-aktrise Phoebe Waller-Bridge vertolk die rol van Jones se peetkind wat haar halsstarrige peetpa by ’n groot avontuur betrek.

• Tom Cruise keer terug as die onverskrokke geheime agent Ethan Hunt in sy sewende Mission Impossible: Dead Reckoning Part One. Die waagkuns is tien keer erger as in sy vorige prente. Dit blyk of die 60-jarige akteur nog so rats soos altyd is en hy het al die waagtoertjies oudergewoonte self hanteer.

• Fliekgangers wat hou van groter-as-groot avonture, met helde waarvan spiere die minste van hul vaardighede is, kan uitsien na verskeie prente: The Three Marvels uit die Marvel-stal (’n prent met drie superhelde – Captain Marvel, Ms Marvel en Spectrum); ’n derde aflewering van nog ’n Marvel-superheldprentreeks Guardians of the Galaxy; nuwe avonture van The Antman en Aquaman; die sewende prent in die Transformers-reeks, Transformers: Rise of the Beasts; The Expendables, die vervolg van die komiese opstuur van superheldflieks Shazam:Fury of the Gods; asook die eerste volwaardige prent van The Flash met Ezra Miller as die blitsige superheld.

• Fast and Furious se tiende aflewering beloof om weer die gruisklippies te laat spat onder die jaagduiwels se motors. Brie Larson is te sien as Brian O’Connor se suster. O’Connor was die rol van die ontslape akteur Paul Walker. Jason Momoa is ook te sien met Vin Diesel weer in die hoofrol.

• Die tweede aflewering in die woestynreeks Dune met Timothée Chalamet as die verlosser van ’n nomadiese woestynstam van die regisseur Denis Villeneuve beloof ook groot opwinding.

• Vir diegene wat hou van rillers en bonatuurlike uitdagings is die grootste nuus sekerlik die vervolg op The Exorcist, wat van 1973 dateer en as een van die grootste gruprente tot nog toe beskryf word.

Die regisseur is David Gordon Green, bekend om sy Halloween-prente. Die 90-jarige Ellen Burstyn keer terug na die prent nadat sy telkemale geweier het. Sy vertolk die rol van die ma van die 12-jarige meisie wat van die duiwel besete is. Burstyn het die rol aanvanklik weer van die hand gewys, maar toe die vervaardigers aanbied om haar salaris te verdubbel, het sy ingestem – mits hulle die geld skenk vir ’n studiebeurs aan die Pace-universiteit wat saam met die Actor’s Studio in New York werk om aspirant-akteurs op te lei.

• Kinders kan uitsien na ’n nuwe weergawe van The Little Mermaid, met die sanger Halle Bailey as die geliefde meermin, en Wonka, met Timothée Chalamet as Willy Wonka in die musikale herskepping van Roald Dahl se Charlie and the Chocolate Factory.

• Hoewel Barbie, die blonde langbeenpop, ’n kinderspeelding is, is die ouderdomsperk vir die regisseur Greta Gerwig se Barbie 13. Hier word Barbie uit Barbieland geskop omdat sy nie meer “perfek” is nie, tog vind sy dat daar veel meer aan die lewe is as om eksieperfeksie te wees. Margot Robbie is Barbie en Ryan Gosling is Ken.

Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.88 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.01/OZ DOWN -0.0041 | Copper US$ 4.90/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 985.30/T UP 0.06% | Brent Crude Oil US$ 82.76/BBP DOWN -0.0061 | Platinum US$ 1 076.02/OZ UP +0.58% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.88 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.01/OZ DOWN -0.0041 | Copper US$ 4.90/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 985.30/T UP 0.06% | Brent Crude Oil US$ 82.76/BBP DOWN -0.0061 | Platinum US$ 1 076.02/OZ UP +0.58%