Colin Farrell in ‘The Banshees of Inisherin’. Foto Netwerk24
Colin Farrell in ‘The Banshees of Inisherin’. Foto Netwerk24

‘Everything Everywhere All At Once’ lei Oscarbenoemings met 11

Die rolprent Everything Everywhere All at Once is voor in die koor met benoemings vir die 95ste Oscars. Dit het 11 losgeslaan, terwyl die antioorlogdrama All Quiet on the Western Front en The Banshees of Inisherin elk nege benoemings ingehark het. Voorts het Elvis 8.

Everything Everywhere All at Once is onder meer as beste prent benoem, Michelle Yeoh as beste aktrise, en Daniel Kwan en Daniel Scheinert is as beste regisseurs benoem.

Die benoemings vir die Oscars is deur die akteurs Riz Ahmed en Allison Williams bekend gemaak.

Uitblinkers in 23 kategorieë is deur die twee voorgelees tydens ’n seremonie in die Samuel Goldwyn-teater, in Beverly Hills, Kalifornië.

Hier volg al die benoemings:

BESTE ROLPRENT:

All Quiet on the Western Front

Avatar: The Way of Water

The Banshees of Inisherin

Elvis

Everything Everywhere All at Once

The Fabelmans

Tár

Top Gun: Maverick

Triangle of Sadness

Women Talking

BESTE AKTEUR:

Austin Butler (Elvis)

Colin Farrell (The Banshees of Inisherin)

Brendan Fraser (The Whale)

Paul Mescal (Aftersun)

Bill Nighy (Living)

BESTE AKTRISE:

Cate Blanchett (Tár)

Ana de Armas (Blonde)

Andrea Riseborough (To Leslie)

Michelle Williams (The Fabelmans)

Michelle Yeoh (Everything Everywhere All at Once)

BESTE ANIMASIEPRENT:

Guillermo del Toro’s Pinocchio

Marcel the Shell with Shoes On

Puss in Boots: The Last Wish

The Sea Beast

Turning Red

BESTE REGISSEUR:

Martin McDonagh (The Banshees of Inisherin)

Daniel Kwan en Daniel Scheinert (Everything Everywhere All at Once)

Steven Spielberg (The Fabelmans)

Todd Field (Tár)

Ruben Ostlund (Triangle of Sadness)

BESTE KINEMATOGRAFIE:

All Quiet on the Western Front

Bardo, False Chronicle of a Handful of Truths

Elvis

Empire of Light

Tár

BESTE REGIE:

The Banshees of Inisherin

Elvis

Everything Everywhere All at Once

Tár

BESTE VROULIKE BYSPELER:

Angela Bassett in Black Panther: Wakanda Forever

Hong Chau in The Whale

Kerry Condon in The Banshees of Inisherin

Jamie Lee Curtis in Everything Everywhere All at Once

Stephanie Hsu in Everything Everywhere All at Once

BESTE MANLIKE BYSPELER:

Brendan Gleeson in The Banshees of Inisherin

Brian Tyree Henry in Causeway

Judd Hirsch in The Fabelmans

Barry Keoghan in The Banshees of Inisherin

Ke Huy Quan in Everything Everywhere All at Once

BESTE VERWERKTE DRAAIBOEK:

All Quiet on the Western Front (deur Edward Berger, Lesley Paterson en Ian Stokell)

Glass Onion: A Knives Out Mystery (deur Rian Johnson)

Living (deur Kazuo Ishiguro)

Top Gun: Maverick (deur Peter Craig, Ehren Kruger, Justin Marks, Christopher McQuarrie en Eric Warren Singer)

Women Talking (deur Sarah Polley)

BESTE OORSPRONKLIKE DRAAIBOEK:

The Banshees of Inisherin

Everything Everywhere All at Once

The Fabelmans

Tár

Triangle of Sadness

Die 95ste Oscarseremonie word op Sondag 12 Maart in die Dolby-teater in Ovation Hollywood aangebied. Die televisiestasie ABC saai dit uit. Dit kan van vroeg Maandagoggend 13 Maart gevolg word op M-Net. Die kanaal sal later bekend gemaak word. Jimmy Kimmel is vir die derde keer die gasheer van die glansaand.

- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2023-02-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer