Erfenis, drome ontmoet op loopplank in Parys
’n Fantastiese ervaring en ’n groot eer om Namibië vir die eerste keer ooit op die internasionale verhoog in die modehoofstad Parys, Frankryk, te kon verteenwoordig met skeppings wat deur die land se asemrowende landskappe geïnspireer is.
Só sê Melisa Poulton, die kreatiewe direkteur en stigter van House of Poulton, uit Parys waar sy die eerste Namibiese ontwerper is wat hul buiging op die toonaangewende Parys Modeweek gemaak het.
Haar reeks, La Dolce Vita, bestaan uit ontwerpe geïnspireer deur die natuur en vier Namibiese luukse deur ’n sitruspalet van skeppings geborduur met ingewikkelde handgemaakte krale.
Melisa wat in 2011 vir die eerste keer haar skeppings by die Warehouse-teater vertoon het, beskryf La Dolce Vita as haar persoonlike liefdesbrief aan “skoonheid, vreugde en sagtheid”. ’n Herinnering dat elegansie selfs in krag lê, en selfs in veerkragtigheid, daar digkuns is.
“Deur hierdie reeks wou ek die storie van ’n Namibiër op ’n Paryse verhoog vertel. Die versameling is waar my erfenis my drome ontmoet, waar ons mooi Namibiese landskappe kledingstukke word en waar elke stuk ’n gedeelte van my hart is wat vertaal is in couture,” sê Melisa.
Sy het haar reeks aan haar pa, Herald Poulton, opgedra wat haar steunpilaar en een van die stigters van House of Poulton was.
“Hy was saam met my op die loopplank en sy teenwoordigheid was in die gees saam met ons.”
Melisa se historiese deelname is danksy die ondersteuning van vennote soos O&L Leisure en sy toewyding tot Brand Namibia wat ten doel het om ’n verenigde, positiewe beeld van die land se kultuur, talent en toerismegeleenthede aan die wêreld te bied.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie