EES, Oteya reik nuwe treffer uit
            
                                                            Dit is selde dat ons sien (of hoor) dat twee van Namibië se "eerste generasie" legendariese kunstenaars hande vat en saam iets skep.
Nadat die sangeres Oteya 'n blaaskans van die musiekbedryf geneem en haar gesin begin het, is sy nou weer met mening terug, en werk saam met EES, wie se musiek- en vermaakloopbaan van krag tot krag gegaan het sedert ons sowat 18 jaar gelede die eerste keer van hom gehoor het.
Dié twee het mekaar byna 17 jaar gelede vir die eerste keer agter die verhoog by ’n Miss Palm Beach-kompetisie in Swakopmund ontmoet. Nou het hulle uiteindelik kragte saamgespan om die liedjie “Girlfriend” vry te stel.
Die liedjie vertel die storie van ’n nuutverliefde paartjie wat mekaar se aandag en geselskap geniet.
Kyk self na die nuwe musiekvideo vir “Girlfriend” hier: www.eesy-ees.com/links

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie