Disney-karakters dans
Die betowerende Disney on Stage-dansvertoning van die Anchen Wille Dans-akademie in Nasionale Teater van Namibië (NTN) was ’n reusesukses verlede naweek en vind nog van vandag tot Saterdag plaas. Dansinstrukteur en regisseur Anchen Wille het saam met haar byna 300 dansers, tussen vyf en 22 jaar oud, neem die gehoor op ’n reis deur ’n reeks Disney-films en hul karakters – net soos hulle op die groot skerm verskyn het. Die choreografie sluit dansstyle soos moderne dans en hip-hop met gewilde Disney-karakters in. Agter hierdie produksie lê maande se toewyding en sowat 700 kostuums is gemaak. Saterdagoggend ná die vertoning, kan kinders en hul ouers hul Disney-karakters op die NTN-verhoog ontmoet. FOTO’s Lerike Drotschè


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie