Die vrou, vrouer en vrouste FNB Windhoek Woordfees nóg
Sanger en liedjieskrywer Petronel Baard (links) en kleurryke kunstenaar en woordsmid Lidi de Waal het tydens hul twee emosiebelaaide vertonings van die kabaretstuk 'Vrou, Vrouer, Vrouste' in Swakopmund en Windhoek as deel van die FNB Windhoek Woordfees die lagspiere geprikkel en die hartsnare geroer. Hulle het die soeke na identiteit, die uitdagings waaruit ’n lewensbestaan gemaak word en natuurlik die vroulike identiteit op ’n kunsryke kombinasie van woordkuns, musiek en lewenservaring ten toon gestel. Foto Iréne-Mari van der Walt


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie