Die kuns van koeitjies en kalfies

Hoe sê jy wat
Henriette Lamprecht
Dis 'n informele tipe diskoers wat geen funksionele gespreksonderwerpe of enige kwessies dek wat aangespreek moet word nie. In ‘n neutedop - 'n beleefde en standaard gesprek oor onbelangrike dinge. As jy jou manier van gesels oor ditjies en datjies na die volgende vlak wil verhef en jou koeitjies en kalfies tot ‘n kuns wil bemeester is ‘n meesterklas in ‘n galery jou voorland. Kerstin Klein, ‘n dinamiese ‘brugbouer’ wat interaksie tussen mense ‘n positiewe hupstoot gee, bied Donderdag ‘n meesterklas in die kuns van koeitjies en kalfies by Bellhaus Atelier & Galerie in Windhoek aan. Die doel is om jou so te bemagtig dat jou kletspraatjies nie bloot ‘n gebabbel is nie, maar ‘n dinamiese en energieke gesprek wat heel moontlik tot sterk verhoudings en kosbare en blywende vrienskappe en ook opwindende besigheidsgeleenthede kan lei.

HALO

Kerstin gaan gesels oor die Halo-effek waartydens jy ontdek hoe jou teenwoordigheid ‘n vertrek energie gee en sodoende die pas aan gee vir diep, betekenisvolle verbintenisse.

HIER

Bemeester die kuns om werklik te luister, régtig te verstaan en 100% teenwoordig in die oomblik te wees. Leer om mure af te breek en onbreekbare brûe te bou deur opregte verbintenisse te smee wat deur jou hart gelei word.

VIER

Die vier tipes en vlakke van kommunikasie sluit in:

Wat presies sê jy – en hoekom?

Hoe vorm jou energie elke woord?

Wat is jou ware bedoeling agter jou stem?

Hoe kan jy jou kommunikasie bewustelik verbeter om te beïnvloed en te inspireer?

Aktiewe benadering en bewuste luister

TWEE

Die meesterklas strek oor twee ure wat jou lewe kan verander! Net 24 plekke is beskikbaar en om joune te bespreek, besoek die galery se webtuiste by www.bellhaus.art. Die koste is N$300 per persoon en begin Donderdag om 18:00 en duur tot 20:00. Bellhaus Atelier & Galerie is in Windhoek geleë by Bellstraat 18 in die suidelike nywerheidsgebied.

Kommentaar

Republikein 2025-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer