Diana onthul nasionale kostuum vir Mej. Aarde

Mej. Namibië se tweede prinses, Diana Andimba (23), wat haar land eersdaags by die Mej. Aarde-kompetisie in die Filippyne verteenwoordig, se nasionale kostuum is deur die Welwitschia geïnspireer.

Dié unieke plant is endemies aan die Namibwoestyn en Suid-Angola en is ‘n ikoniese simbool van ons woestynland.

Diana het vroeër vandeesmaand haar fauna-kostuum vir dié kompetisie onthul, wat deur die ietermagô se skubagtige voorkoms geïnspireer is.

Beide kostuums is deur Dawn Diergaardt geskep.

Foto's Facebook (Miss Namibia)

Kommentaar

Republikein 2025-06-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer