Boeremark-makietie!

Henriette Lamprecht
Dis 'n vaste afspraak een Saterdag per maand om deur die stalletjies te dwaal wat spog met van varsgebakte koek en koekies, wors, vars groente en vrugte tot plante en polonie tot handgemaakte speelgoed en hier op die gras by die Windhoek Skouvereniging se gronde (Agra Ring) onder die bome in 'n seilstoel met 'n koffie en 'n brötchen te kuier. Windhoek se Eie Boeremark is vanjaar 15 jaar oud en het gegroei van 21 stalletjies in Februarie 2011 toe dit deur Kiet en Elza van der Westhuizen begin is tot die huidige 115 stalletjies. Vandag is die eerste mark vir 2026 wat oudergewoonte van 08:00 tot 15:00 duur.

Kommentaar

Republikein 2026-01-31

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer