Vanjaar se vroulike boer, Cherié (34) van Herbertsdale in die Wes-Kaap, het Marciel voorgestel aan haar boklammers en haar gewys hoe hulle gulsig aan hul ma’s drink. Foto Netwerk24
Vanjaar se vroulike boer, Cherié (34) van Herbertsdale in die Wes-Kaap, het Marciel voorgestel aan haar boklammers en haar gewys hoe hulle gulsig aan hul ma’s drink. Foto Netwerk24

'Boer soek 'n vrou' terug vir 15de seisoen

Yandi Du Plessis
Die inleiding van die bekende TV-program Boer soek ’n vrou het ’n “evolusie” ondergaan en is aangepas vir die 15de seisoen. Die temalied bly egter onveranderd.

“Die vervaardigers wou iets nuuts doen vir die 15de seisoen,” sê Wilmer Müller, woordvoerder van Boer soek ’n vrou.

“In 2017, met die tiende seisoen, is die temalied en die logo verfris. Dit is dus ’n evolusie van die vorige opening – dit is vars, maar steeds herkenbaar.”

Daar was boonop geen tekort aan pragtige wild- en plaasdiere in die heel eerste episode wat Donderdagaand op kykNET begin het nie. Van seekoeie en kameelperde tot volstruise, boklammers en besonderse Ankole-beeste is in die episode gesien waartydens die aanbieder, Marciel Hopkins, elk van die tien boere op hul plase besoek het.

• Boer soek ’n vrou word Donderdagaande om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2023-02-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer