Aksiebelaaide ‘Antraks’ takel eietydse ekovraagstukke

Spanningsdraad van meet af snaarstyf
Die "verhoog" waarop hierdie koorsagtige stryd hom afspeel, is die donker woude van Angola.
Ronelle Rademeyer
Wat gebeur as ’n vliegtuig met ’n geheime besending dodelike entstof teen miltsiekte (antraks) in ’n oerwoud val?

In die nuwe Piet van Rooyen-roman ontstaan ’n spannende wedloop tussen groenes met sinistere planne om die mensdom hiermee uit te wis en die aarde te red, en die twee ondersoekers van ’n inligtingsmaatskappy wat wil voorkom dat dit gebeur.

Die "verhoog" waarop hierdie koorsagtige stryd hom afspeel, is die donker woude van Angola.

Lafras Uys en sy kollega, Soekie Verster, moet die 1 200 kg antraks vind en in die see geberg, want “jare lange immersie in soutwater is die enigste manier waarop die virus vernietig kan word.” – Bl. 22

Dit is immers nie sommer net gewone entstof nie. Dit is problematiese entstof. “’n ‘Rogue’ soos hulle dit op Engels noem. ’n Entstof wat onbeheerst transmuteer om duisendvoudig te vermeerder sodra dit met molekules van lug in aanraking kom.” – Bl. 18

Daarom moet dit gevind word voor dit die hande beland van diegene wat die planeet se oorlewing wil verseker deur die antraks as wapen teen die mens in te span.

Teen dié agtergrond is die spanningsdraad van meet af snaarstyf. Tog bly die satire nie uit nie en bevat dit ’n groot skeut galgehumor.

Die strippe-omslag word na die hoofstuk-aanbieding en -opskrifte deurgetrek. Antraks word op die flapteks as ’n kruis tussen Kuifie en Kafka beskryf – “vol aksie en drama, maar met ’n antropologiese inslag”.

Van Rooyen self beskou dit egter as ’n ernstige roman en sê hy was verras toe Deborah Steinmann, redakteur by Protea Boekhuis, dit aanpas om ’n stippegevoel te hê.

“Ek begin nou al meer daarvan hou, al sien ek myself glad nie as ’n comic-skrywer nie. Ek wil eerder letterkundig ’n impak maak,” sê hy.

Interessant genoeg het hy die manuskrip al in 2019 aan Protea voorgelê, etlike maande voordat die Sars-CoV-2-virus die wêreld in ’n pandemie gedompel en miljoene mense laat sterf het.

Antraks takel brandende eko-dilemmas soos aardverwarming op pakkende wyse.

Van Rooyen wyk met dié roman af van sy normale skrywersresep. Anders as vorige romans soos Die Spoorsnyer, Etosha, Rodriguez, Voëlvry en By die brandende berg, is dit nie geïnspireer deur die lewe van iemand wat hy ken nie.

Dit eggo wel soos in baie van sy vorige romans dieselfde donker temas as Jodeph Conrad se Heart of Darkness.

Afrika se oerwoude waar onheil én misterie skuil, is opnuut die goue draad waarom die verhaal geweef word: “Iewers vanuit die donker van die hutte het ’n falanks van tromme verskyn, waarop die tromslaners nou fluks begin hamer. Die atmosfeer is met afwagting en misterie gelaai. Die ware Afrika staan op uit die grafte van die dooies, uit die siele van die swerwendes, uit die vrugwater van die ongeborenes. Dit kom wapper in die lugspieëlings wat van die trillende tromme af die lug in styg.” – Bl. 162.

Van Rooyen kán met woorde skilder, soos sy beeldryke beskrywing in die voorafgaande uittreksel duidelik toon.

Antraks is meer as net ’n aksiebelaaide skop, skiet en donner. Die skrywer roer hiermee ietydse ekovraagstukke meesterlik aan.

Dit is ’n roman met ’n omgewingsgewete.

*Uitgegee deur Protea, N$350

KASSIE

Die skrywer kortliks:

Piet van Rooyen (69) is een van Namibië en die groter Afrikaanse lesersgemeenskap se mees veelsydige en produktiewe skrywer van romans, poësie en niefiksie.

Sy roman, Die Spoorsnyer, was in 1994 wenner van die Tafelberg/Sanlam/De Kat-romankompetisie en het ook die CNA-prys vir ’n debuutroman verower.

Sedertdien het verskeie romans en digbundels die lig gesien en in 1998 is die M-Net-prys vir letterkunde vir Die Olifantjagters aan hom toegeken.

As Windhoekse predikantseun en ’n oudskolier van Windhoek Hoërskool, het hy hom aanvanklik in die akademiese wêreld op Stellenbosch ingegrawe. Met onafhanklikwording keer hy na Namibië terug waar hy op ’n plaas by Gobabis die plaaslike bevolking namens die San-stigting leer boer. Die Spoorsnyer, wat in die tyd verskyn het, is geïnspireer deur die lewe van die bobaasspoorsnyer Paul Chapman.

In 1996 begeef hy hom weer tot die akademie waar hy by die Universiteit van Namibië as professor in politieke studies klas gee. Later word hy hoof van hierdie universiteit se militêre skool.

Ná sy aftrede vestig hy hom voltyds op sy plaas in die Khomas Hochland en leef na aan die natuur waarvoor hy so lief is.

Van Rooyen was al kaptein van die Namibiese visskietspan en is ook ’n kranige uithourit-ruiter.

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.98 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 364.24/OZ UP +0.75% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 956.60/T UP 1.29% | Brent Crude Oil US$ 83.57/BBP DOWN -0.0129 | Platinum US$ 996.44/OZ UP +1.13% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.98 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 364.24/OZ UP +0.75% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 956.60/T UP 1.29% | Brent Crude Oil US$ 83.57/BBP DOWN -0.0129 | Platinum US$ 996.44/OZ UP +1.13%