Afrikaans leef!

Van musiek en sang, tot dans, toneel en digkuns word ingespan om die komvandaan van Afrikaans oor die afgelope eeu te vier totdat dit op 8 Mei 1925 as amptelike landstaal in Suid-Afrika erken is. Met die spesiale konsert Afrikaans leef! vier die Windhoek Afrikaanse Privaatskool van vanaand tot Vrydagaand die taal se 100ste bestaansjaar. Buiten vir die viering van die taal se erfenis deur leerlinge en onderwysers, wil dit ook wys Afrikaans is springlewendig in die harte van jongmense en lééf behoorlik!

Kommentaar

Republikein 2025-09-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer