Switserse koorsangers kom kuier

Francoise Steynberg

Madlaina Caminada en Riccardo Job van Gymnasium Kloster Disentis (GKD) in Switserland het 17 dae by gasheerouers van Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) as deel van ’n uitruilprogram bestee waar hulle onder meer die kus besoek het. Hierdie gesogte internasionale kooruitruilprogram tussen WAP en Gymnasium Kloster Disentis bestaan reeds sedert 2017, danksy ’n inisiatief van Swiss Edu-Globe. Hierdie inisiatief is die hoogste kulturele uitreikprogram van WAP, “’n tradisie waarop die skool baie trots is, maar hierdie program gaan oor soveel meer as musiek; dit gaan oor nuwe perspektiewe, gedeelde ervarings, kulturele uitruiling en vriendskappe wat ’n leeftyd kan hou”. Mira Theron (graad 10) en Paul de Bruyn (graad 9) is die 24ste en 25ste WAP-leerlinge wat vir hierdie internasionale uitruilprogram gekies is. Paul en Mira sal Disentis in Maart 2027 besoek waar hulle die unieke geleentheid sal hê om saam met die GKD-koor in kerke en katedrale in Switserland op te tree. Van links is Riccardo, Madlaina, Mira en Paul. FOTO VERSKAF

Kommentaar

Republikein 2026-10-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer