Stukkies van haar, stukkies van my
Gebore uit pyn
Daar was 'n tyd toe woorde al was wat sy oor gehad het. Ná die ongeluk kon Bernadine Davids-Fredericks geen manier vind om sin te maak van die pyn nie.
Na die ongeluk kon ek geen manier vind om sin te maak van die pyn nie.
Maar skryf... skryf het het haar lewenslyn geword.
Elke bladsy van haar boek The Missing Piece: Pieces of Her, Pieces of Me is geskryf deur trane, gebede en oomblikke van stil oorgawe, erken Bernadine.
“Hierdie boek is gebore uit pyn, maar geskryf met liefde. Dit dra beide die pyn van verlies en die skoonheid van genade wat stadig sy pad terug na my hart gevind het.
Sy beskryf haarself as ‘n storieverteller, 'n soeker en 'n ma wie se lewe vir altyd verander is deur verlies. Deur haar rou en eerlike boek te skryf, het sy ontdek dat genesing nie gaan oor aanbeweeg nie, sê sy.
“Dit gaan daaroor om te leer om met liefde op 'n nuwe manier te leef.”
Bernadine se lewe het onherroeplik verander op die dag wat ‘n tragiese ongeluk die lewe van haar beste vriendin sou eis en sy vir haar eie moes veg. Uit die dieptes van haar hartseer het sy onverwagte krag en 'n hernieude verbintenis met God ontdek wat die hartklop van haar eerste boek geword het.
“Hierdie boek is my offer aan die gebrokenes van hart, 'n herinnering dat jy nie alleen is nie.”
As jy al ooit iemand, of 'n deel van jouself langs die pad verloor het, mag hierdie woorde jou daaraan herinner, sê Bernadine: “Genesing is moontlik, en liefde gaan nooit werklik weg nie”.
Toe tragedie haar wêreld tref, het dit in fragmente verbrokkel, erken sy. The Missing Piece: Pieces of Me, Pieces of Her is daarom vir haar soveel meer as net ‘n memoir of ‘n onthou, dit is haar reis deur hartseer, geloof en die stil wonderwerke wat haar vorentoe gedra het.
Dit is 'n storie van 'n vriendskap wat tyd oortref het, en die verwoestende oomblik wat alles verander het. Dit is die navigeer van ‘n nuwe werklikheid van hartseer, fisiese herstel en die geestelike openbarings wat Bernadine se lewe sou hervorm.
“Dit is meer as 'n memoir – dit is 'n metgesel vir enigiemand wat verlies ervaar het of verlang na 'n dieper verbintenis met die goddelike. Deur rou storievertelling en gesprekke met God, nooi hierdie boek lesers uit om hoop te vind, selfs wanneer die lewe onherstelbaar voel.”
Tussen die bladsye van haar boek sal jy buiten vir ‘n diep-menslike storie van liefde en verlies, ook refleksies vind wat genesing en veerkragtigheid inspireer, sê Bernadine. Dit saam met spirituele insigte vir die navigasie van die lewe se donkerste oomblikke van ondenkbare verlies maar ook onwrikbare liefde, eerlike refleksies oor hartseer en hoop, oomblikke van Goddelike vertroosting en geestelike ontwaking en sagte herinneringe dat genesing moontlik is.
Dit is daarom die perfekte geskenk vir elkeen wat ‘n pad met rou stap, weer na betekenis soek en leer om weer ooparms die lewe te gryp.
“Om hierdie boek te skryf was beide 'n genesende en 'n heilige daad. Dit is 'n huldeblyk aan liefde, aan oorlewing en aan die ongelooflike menslike vermoë om ná verwoesting te herbou. My hoop is dat elke leser 'n stukkie van hulself in hierdie bladsye vind – en 'n herinnering dat selfs na die ondenkbare, die lewe steeds oomblikke van Genade bied,” sê Bernadine.
Maar die boek is ook meer as haar storie, dit is die storie van elkeen wat deur daardie donker dag en al die skokke daarna geraak is.
“Sy het die swaarste dele met soveel dapperheid gedra en in hierdie bladsye gee sy ‘n stem aan pyn, geloof en die diep liefde wat ons bymekaar gehou het. Ek is ver verby woorde trots op haar,” sê ‘n lid van haar binnekring.
The Missing Piece: Pieces of Her, Pieces of Me word Saterdag 29 November amptelik by Palm Oasis in Riethaanstraat 83, Hochland Park, Windhoek bekendgestel. Die tyd vir die bekendstelling is 18:00 vir 18:30, met die geleentheid wat om 22:00 afsluit.
Die bekendstelling sal voorlesings uit die boek, gassprekers, refleksies en 'n oomblik van herdenking vir Liora (Celeste) insluit, wie se lewe steeds die boodskap van die memoir inspireer. Getekende eksemplare sal by die geleentheid te koop wees. Vir meer besonderhede oor die bekendstelling en om jou kopie vir iemand se Kerskous te kry, kan jy vir Bernadine kontak by [email protected] of 081 332 4865. Gaan loer ook op haar Facebookblad Author Bernadine Davids-Fredericks of besoek haar webtuiste by https://bernadinedf.my.canva.site/. - [email protected]
Klik hier: https://q.my.na/D7IH

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie