Opperhoof Ananias Soroseb groet lede van die Hai-||kom San.
Foto argief
Opperhoof Ananias Soroseb groet lede van die Hai-||kom San. Foto argief

Soroseb wag vir erkenning

Aribeb-afstammeling veg steeds
Die opperhoof van die Hai-||kom San wag op die raad van tradisionele leiers se finale besluit.
Augetto Graig
Die Hai-||kom San in Namibië wag op hete kole vir terugvoering nadat hul opperhoof, mnr. Ananias Soroseb, vroeër vandeesmaand amptelik weer aansoek gedoen het vir erkenning by die vergadering van die raad van tradisionele leiers op Eenhana.

Soroseb het op 7 September sy aansoek voor die 43 erkende tradisionele leiers ingedien.

Volgens hoofman Immanuel /Gaseb, voorsitter van die raad, is dit nou die verantwoordelikheid van die raad en die regering om die aansoek te oorweeg en daaroor te besluit.

Die raad sal ondersoek instel om te bepaal wat die gebied van jurisdiksie is waaroor Soroseb heers, en om seker te maak daar is nie reeds ander erkende tradisionele leiers wat gesag oor dieselfde gebied het nie.

“’n Ondersoekspan sal uitgestuur word,” het /Gaseb gesê, en “dit sal tyd neem. Ons werk nog daaraan”.

Hy sê die aantal volgelinge wat Soroseb as opperhoof erken, word ook in ag geneem.

“Tradisionele owerhede is groot. Ons kan nie net die leier van ’n huisgesin erken nie,” sê die voorsitter.

Hy sê die impak wat enige erkenning van ’n opperhoof op vrede en stabiliteit in Namibië het, moet in ag geneem word. Onkoste waarvoor die regering verantwoordelik is met betrekking tot tradisionele leiers, speel ook ’n rol, volgens hom.

Hy sê die raad oorweeg die moontlike erkenning van nog twee leiers ná die laaste vergadering. Tans erken die regering ongeveer vier San- tradisionele leiers, sê hy.

Soroseb sê hy is ’n afstammeling van opperhoof Fritz Aribeb, wat in 1904 deur die Duitse owerhede in Namibië vermoor is. Dit ná ’n ooreenkoms tussen Aribeb en die Duitse magte tot nuut verklaar is en die San-leier teen die koloniale mag opgestaan het.

Sy dood was nie lank voor die volksmoord van 1904 tot 1908 waartydens die Duitse magte in Namibië die Nama- en Herero-mense probeer uitwis het nie.

Die Namibiese en Duitse regerings onderhandel al jare oor reparasie vir dié volksmoord. Die San voel ook hul lot word nie in dié onderhandelinge in ag geneem nie.

In ’n stemgreep wat Soroseb onlangs met sy mense gedeel het, betreur hy die omstandighede waarin San-mense in Namibië tans lewe.

Sedert die tyd van die Duitse magte se bewind is geen grond aan die San toegeken nie, en die misbruik van die Hai-||kom San word steeds gereeld aangemeld.

Volgens Soroseb se onderhoof, mnr. Joseph /Gomoseb, is owerhede egter dikwels nie gretig om daarteen op te tree nie.

Soroseb sê sy mense is ’n randgemeenskap wat in betreurenswaardige omstandighede lewe.

“Ek staan op. Ek staan op om vorentoe te beweeg. Ek staan op om vir my mense te baklei, vir my gemeenskappe in Namibië om vry te wees van die slawerny onder die mense wat van buite gekom het,” sê Soroseb.

Opperhoof Hennie van Wyk van die Gorachouqua San van Suid-Afrika het Soroseb in ’n stemgreep ondersteun.

Volgens Van Wyk is alles wat Soroseb aan die raad voorgelê het die waarheid, en is die pleidooie van die San in Namibië ook ’n werklikheid.

“Dit is waar. Hierdie goed het met ons mense gebeur,” sê hy en voeg by: “God het vir u deurgekom. God het vir u deurgedra om alles afgehandel te kry.”

Hy sê: “Ek glo God sal met hulle (die regering) praat vir geregtigheid in Namibië sodat eerlike mense aan boord sal kom, wat na die nasie se behoeftes daar in Namibië sal omsien.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%