Polla Steyn vereer vir sy bydrae tot Afrikaans

Bevorder Afrikaner-belange in Namibië
Tallose vorme van waardering oor die jare het getuig van sy besondere liefde vir die Afrikaanse taal en letterkunde.
Yandi Du Plessis
Netwerk, ‘n organisasie met die doel Afrikaans en die belange van Afrikaanssprekendes te bevorder, gee graag erkenning aan mense wat diep spore in dié taal en kultuur getrap het, en het op 3 November ‘n Prestige-kultuurtoekenning aan Polla Steyn oorhandig vir sy betrokkenheid by Afrikaner-kultuurbedrywighede. Steyn het ook op dié dag sy 81ste verjaardag gevier.

Beide sy ouers was Angola-Afrikaners, nasate van die Dorslandtrekkers, wat in 1928 die destydse Suidwes-Afrika binnegekom het. Sy kinderjare het hy hoofsaaklik op ‘n plaas halfpad tussen Tsumeb en Namutoni deurgebring.

Hy het aan die Hoërskool Otjiwarongo gematrikuleer, waarna hy aan die Potchefstroom Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys, nou bekend as NWU-Pukke, gaan studeer het vir sy BA-graad en Universiteits-onderwysdiploma, met Afrikaans en geskiedenis as hoofvakke. Sy laaste twee jaar op universiteit het hy ʼn bedrywige studentelewe gehad as redaksielid van die studentekoerant Die Wapad; bestuurslid van die Afrikaanse Studentebond; primarius van sy koshuis en lid van die Studenteraad. In sy derde jaar was hy ook ‘n redaksielid van sy koshuis se koerant, Die Rasper.

Hierdie soort betrokkenheid het hom vroeg reeds geslyp vir latere deelname aan en betrokkenheid by Afrikaner-kultuurbedrywighede. Steyn het sy eerste onderwyspos aan sy alma mater aanvaar, waar hy Afrikaans vir senior klasse sou aanbied.

Tallose vorme van waardering oor die jare het getuig van sy besondere liefde vir die Afrikaanse taal en letterkunde.

In 1970 is hy met Wilma Hogewind getroud en die egpaar het mettertyd ʼn seun en dogter ryker geword.

Vanaf 1977 is Steyn bevorder tot visehoof, ʼn jaar later tot adjunkhoof en drie jaar later tot skoolhoof van Windhoek Hoërskool (WHS). Tien jaar later is hy bevorder tot inspekteur van onderwys en in 1991, in die nuwe bedeling, tot hoof van hulpdienste.

Hy sou verskeie jare in die hoofbestuur van die SWA Onderwysersunie dien, vanaf 1983 tot 1986 as voorsitter. In dié hoedanigheid het hy ook die destydse SWA in die Gemeenskaplike Matrikulasieraad in Suid-Afrika vir vier jaar verteenwoordig en was ook lid van die raad van die Windhoekse Onderwyskollege.

Reeds van vroeg in sy beroepslewe het Steyn ook ‘n aktiewe rol in die bestuur van die Hervormde Kerk in Otjiwarongo gespeel, asook later in Windhoek. Hy ook het as lid van die bekende Biltongfees se reëlingskomitee gedien, waar hy onder andere gemoeid was met die beoordeling van biltong en droëwors.

Steyn het aangesluit by die Rapportryers, was medestigter van die kultuurvereniging by Hoërskool Otjiwarongo en sou ook dien as lid van die dorp se Taalfeeskomitee. Terwyl hy skoolhoof by WHS was, het die Jaap Rossouw-Voortrekkerkommando tydens ʼn plegtigheid ʼn lapelwapen aan hom oorhandig as “vriend van die Voortrekkers” weens sy gesindheid en positiewe hantering van die Voortrekkers as buitemuurse kultuurbedrywigheid aan dié skool.

By WHS word hy as adjunkhoof ook voogonderwyser vir die leerlingraad. Deur sy inisiatief en onder sy leiding en aansporing sou hulle op gereelde basis ʼn skoolkoerant, Die WHS-Spieël, uitgee. Hy was ook die redakteur van die WHS-jaarblad vanaf 1978 tot 1981, waarin die lief en leed van die skool op besondere wyse weerspieël is.

In 1977 tree hy as hulp-eksaminator (nasiener) in die Kaap op vir die Afrikaans-letterkunde antwoordstelle. Sy 1980-matriekklas se gemiddeld vir die eindeksamen in Afrikaans was 70% - ʼn syfer wat, sover bekend, nog nie weer behaal of oortref is nie.

Vanaf 2000 was Steyn lid – aanvanklik sekretaris – van die Dorslandtrek-feeskomitee vir verskeie gedenkfeeste te Swartbooisdrift. Hy tree in 2001 ook op as feesredenaar en as die redakteur en samesteller van die Dorslandtrek-gedenkblad van 2008.

Sedert 2000 is hy lid en later sekretaris van ʼn groep Afrikaner-mans wat gereeld saamkuier en gesels oor aktuele aspekte van veral die Afrikaner-kultuur. Dié tien noem hulself later die Decemviri, na aanleiding van die ou Romeinse raad van tien mans wat belas was met onder andere allerlei wetgewing. Nog later word hulle Netwerk, wat amptelik in Oktober 2006 gestig is as ʼn vereniging vir die bevordering van Afrikaner-belange in Namibië. Hy is vandag steeds ʼn aktiewe lid van Netwerk.

Sedert April 2012 is hy ʼn trustee van die Selfhelp Trust van Namibië, waar hy aanvanklik belas was met die daarstelling van die biblioteek en in Julie 2013 word hy sekretaris en uitvoerende trustee, ʼn pos wat hy tot onlangs nog aktief beklee het. Die Erfdeel-Kultuursentrum wat ʼn biblioteek, museum en argief behels, is deur hom bedryf en bestuur.

In die lig van bogenoemde is Steyn in 2017 deur die ATKV vereer vir sy kultuurwerk.

“As die vertroeteling, die doelgerigte handhawing van die Afrikaanse taal en besondere aspekte van die Afrikaner-kultuur, soos vervat in diens as aktiewe lid, sekretaris en pertinente bydraes en leiding as voorsitter van verskillende organisasies en instellings, die bevordering van Afrikaner-kultuur behels, dan is en was Steyn sy volwasse lewe deur ’n kultuurmens-in-aksie, sonder om ooit nee te sê vir ʼn taak en sonder om ooit eer of erkenning daarvoor te soek of te vra,” het Netwerk in ‘n verklaring wat op die oorhandiging van dié Prestige-kultuurtoekenning gevolg het, ten slotte gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal | Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool | Brighton 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca | Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino | SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United English Championship: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 13° | 30° Rundu: 13° | 31° Eenhana: 15° | 33° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 15° | 29° Omaruru: 16° | 32° Windhoek: 15° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 20° | 33° Wind speed: 17km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:40, High tide: 05:39, Low Tide: 23:58, High tide: 18:14 Swakopmund: 18° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:37, Low Tide: 23:56, High tide: 18:12 Walvis Bay: 21° | 32° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:36, Low Tide: 23:56, High tide: 18:11 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 20° | 38° Ariamsvlei: 20° | 33° Oranjemund: 16° | 35° Luanda: 26° | 31° Gaborone: 13° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 9° | 23° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 16° | 27° Windhoek: 15° | 27° Cape Town: 14° | 23° Durban: 15° | 27° Johannesburg: 14° | 24° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 14° | 25° Harare: 10° | 25° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal | Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool | Brighton 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca | Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino | SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United English Championship: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 13° | 30° Rundu: 13° | 31° Eenhana: 15° | 33° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 15° | 29° Omaruru: 16° | 32° Windhoek: 15° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 20° | 33° Wind speed: 17km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:40, High tide: 05:39, Low Tide: 23:58, High tide: 18:14 Swakopmund: 18° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:37, Low Tide: 23:56, High tide: 18:12 Walvis Bay: 21° | 32° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:36, Low Tide: 23:56, High tide: 18:11 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 20° | 38° Ariamsvlei: 20° | 33° Oranjemund: 16° | 35° Luanda: 26° | 31° Gaborone: 13° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 9° | 23° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 16° | 27° Windhoek: 15° | 27° Cape Town: 14° | 23° Durban: 15° | 27° Johannesburg: 14° | 24° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 14° | 25° Harare: 10° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026