#PAS IN: AFRIKAANS IS PLESIERIG OP ONGWEDIVA
Ongwediva trek Saterdag amptelik sy Afrikaanse baadjie aan wanneer die taal deur 13 private en regeringskole in die Oshanastreek gevier word. Die Afrikaanse fees word deur die streekstraad en die ministerie van onderwys, vernuwing, jeug, sport, kuns en kultuur se direktoraat van onderwys in Oshana by Mayor’s Park op Ongwediva aangebied. Sowat 800 leerlinge, hul ouers, vriende en familie word by die fees verwag wat afskop met ‘n optog. Deel van die feesprogram sluit buiten ‘n boeke-uitstalling ook voordrag, danse, sang, boeresport en volkspele in wat natuurlik alles in Afrikaans gebeur en waaraan leerlinge van die betrokke skole deelneem. Republikein sal jou deurentyd op hoogte hou om saam fees te vier!
#republikein #repnuus #afrikaans
#republikein #repnuus #afrikaans


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie