’n Fees vol kleur en geur

Die Vereniging van Diplomatieke Eggenote (ADS) in Namibië het die naweek ’n internasionale kos- en kunsvlytbasaar in samewerking met die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds (UNFPA) aangebied. Die opbrengste van die basaar sal aan niewinsgewende organisasies geskenk word met die fokus op organisasies wat gerig is op die uitwissing van geslagsgebaseerde geweld. Eksotiese disse van oraloor die wêreld was op die spyskaart en verskeie tradisionele optredes van onder meer Angola, Indië en Indonesië het die skare vermaak. Die bekroonde Namibiese sangers, Waters en Lize Ehlers, het ook die verhoog tydens dié geleentheid betree. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-09-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer