Kolmanskop se onthou
'Verbysterende algemene kennis'
Namibië bly ’n belangrike tema in die bekroonde skrywer Zirk van den Berg se geskiedkundige romans.
Zirk is op 14 Julie 1960 op Walvisbaai gebore, maar het in die Kaap grootgeword. Hy woon in Auckland in Nieu-Seeland, maar besoek graag sy geboorteland vir navorsing oor sy boeke.
“Ek mymer oor ’n trippie daarheen en probeer my seun oortuig om saam te kom,” het Zirk knap in die nuwe jaar geantwoord op die vraag wanneer hy weer kom kuier.
Namibiërs wag in spanning om weer ’n boek van Zirk op die boekwinkelrak te kry.
“Ek het ’n kort boekie wat in Julie uitkom en doen tans afronding aan nog ’n kortetjie vir 2027,” het hy aan Republikein bevestig.
Sy boeke is met verskillende toekennings bekroon, onder meer die kykNET-Rapportprys in die filmkategorie vir ’n Ander mens, die WA Hofmeyrprys en die kykNET-Rapportprys vir fiksie, Ek wens, ek wens. Die Engelse weergawe I wish, I wish het die kortlys vir die 2021 NZ Booklovers Fiction Awards gehaal.
Lüderitz lê hom na aan die hart.
“Die plek het my aangegryp. Dis tegelyk die mooiste en lelikste dorp waar ek al ooit was – dis moeilik om te besluit! Maar vervelig is dit beslis nie. Ek het dadelik gedink: hier moet ek ’n storie laat afspeel.”
Lüderitz het as die eerste inspirasie gedien het vir die milieu waarin sy jongste, boek Hemel en Aarde en Ons, afspeel. Dit is ook sy kleinsus Cornel Botha se gunstelingboek en sy het saam met hom in Namibië gereis toe hy sy navorsing gedoen het.
BAND TUSSEN BROER EN SUSTER
Zirk was Lekkerleesboek se skrywer van die maand vir Desember en Irma Steffens het vrae aan Cornel oor beroemde broer gevra:
- Wat maak jou trots om Zirk as ouboet te hê?
Dit was fantasties vir my om saam met hom in die huis groot te word.
Ek is trots op hom omdat hy geslaag het om wonderlike verhoudings met sy kinders te hê, omdat hy so lief vir sy vrou, Elsabe, is en 'n gelukkige huwelik het. Nie baie mense kry dit reg nie!
Ek bewonder hom vir sy waagmoed (of is dit hardkoppigheid?) om as jongmens teen die verwagting van ons ouers te gaan en nie Universiteit Stellenbosch toe nie, maar Universiteit van Kaapstad toe te gaan en nie ingenieurswese of rekeningkunde te studeer nie, maar 'n loopbaan in die kunste te kies. Dit was gewaagd vir daardie tyd.
Ek was seker so vyf of ses en hy so tien of elf toe hy elke middag na skool vir my uit ons Versamelde Werke van CJ Langenhoven die stories van Brolloks en Bittergal voorgelees het. Ons het langs mekaar op my pa se uitskopstoel gesit en ek onthou dit vandag nog. Hy het my vertel van oorloë, boksers en verre lande. Hy het my laat luister na folkmusiek, ander tale en sy kortstondige orrelspelery! Danksy hom weet ek bietjie van baie dinge.
- Wat is, volgens jou, sy beste eienskap?
Hy is baie slim en het 'n verbysterende algemene kennis. Hy is saggeaard en het 'n wonderlike aweregse sin vir humor. Daar is geen pretensie nie.
- Sou jy sê Zirk het iets wat as 'n swak of slegte eienskap kan deurgaan?
Hy kan hardkoppig wees en duld nie dronkaards en idiote nie. Maar dis seker nie ‘n slegte eienskap nie.
Het Zirk sy skoolwerk getrou gedoen of stokkies gedraai?
Hy was 'n stil, eenkantkind wat slim was en nie aan sport deelgeneem het nie. Hy het baie belangstellings gehad. Ek was die klein sussie wat om hom rondgehang het en indirek gebaat het deur net te sien en hoor waarmee hy besig was. Of hy hard op skool gewerk het weet ek nie, maar ek vermoed so aangesien hy gereeld eerste gestaan het in sy klas.
Kan jy van die kattekwaad wat hy as kind aangevang het met ons deel?
Ek weet nie van kattekwaad wat hy aangevang het nie. Ons kom van Namibië af. By ons huis in Bellville was daar dikwels familie van daar wat kom kuier het. My pragtige Duitse tannie sê een keer vir haar twee stoute seuntjies (wat dieselfde ouderdom as Zirk is) dat hulle gerus 'n stukkie van hom kan afsny. Sy het bedoel dat hulle iets van sy gedrag moet aanleer omdat hy so soet was, maar haar Afrikaans het haar in die steek gelaat. Die twee rakkers gryp toe vir Zirk vas en probeer sy toon met ‘n mes afsny! Gelukkig het die ouers betyds ingegryp.
As daar een “iets” is wat jy aan hom kan verander, wat sal dit wees?
Absoluut niks nie.
Ek wens net dat ons nader aan mekaar gebly het.
Watter een van sy boeke is jou gunsteling en waarom?
Hemel en Aarde en Ons.
Ek en hy het saam op 'n soort van “roadtrip” gegaan toe hy navorsing vir die boek gedoen het. Ons het vir twee weke in Namibië rondgery en mekaar weer leer ken. As mens ver van mekaar woon het jy net e-posse en telefoonoproepe om kontak te hou. Jy verloor die saam in 'n vertrek sit en sug of TV kyk of nonsens praat.
Ons het een oggend voor sonsopkoms daar by Kolmanskop op die duin gesit. Dit was lekker. Ons het nie veel gepraat nie, maar ons was op daardie tydstip saam op dieselfde plek onder dieselfde hemel. Om die boek te lees neem my elke keer terug na daardie “magical” oomblik.
– Bykomende bron Lekkerleesboekrak

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie