Ester kook
Outentieke resepte uit die hart van Namibië
Kleintyd het sy geleer waar sy saam met haar familie in ‘n nedersetting in die noordelike gedeeltes van Namibië grootgeword het, om tradisionele Namibiese disse kook. Onder die wakende oog van haar ma, albei haar ouma’s en tannies, het Ester Laub die kuns geleer van disse soos Oshifima, Oshingali, vetkoeke en marathon-hoender, voorberei met vars tuisgemaakte maroela-olie.
Vandag vind dié resepte ‘n tuiste veel verder as hul oorsprong in Namibië en spog Ester, ‘n selferkende foodie en kosblogger, met ‘n kookboek wat haar geboorteland se geure en smake op ‘n wêreldverhoog deel. Sy bly saam met haar man en hul dogters in Duitsland en het haar kosblog in 2018 as ‘n stokperdjie begin ‘n paar maande nadat sy vir die eerste keer ma geword het. Die doel was om families se gunstelingresepte oraloor die wêreld te deel, hoewel sy hoofsaaklik outentieke Namibiese en Duitse resepte deel.
Ester vertel op haar webtuiste sy onthou hoe haar familie doerietyd al ingenome was met haar kosvernuf.
“Ek onthou toe ek in die koshuis was, het my neef Kondja wanneer ek vir ‘n naweek huis toe gekom het, altyd vertel hoe baie hy my kos gemis het!”
In haar vroeë twintigs, ná \'n BA-graad in geologie en \'n paar maande se werk, kry Ester \'n beurs om haar studies in Duitsland voort te sit. Sy verlaat haar geliefde Namibië vir die eerste met die aanvanklike doel om haar studies hier so gou as moontlik af te handel en weer die vliegtuig huis te te vat. Die heelal het egter ander planne vir Namibië se Ester gehad wat haar hart verloor op ‘n kêrel met die naam Jo met wie sy later sou trou en die res is soos hulle sê Duitse geskiedenis!
Haar ma was egter glad nie beïndruk met haar besluit nie, erken Ester.
“In my kultuur word dit as onaanvaarbaar beskou om \'n kêrel te hê en veral om saam te woon sonder om getroud te wees. Vir my tipiese Afrika-ma met \'n sterk wil, is hierdie besluit as \'n verwerping en \'n beduidende daad van ongehoorsaamheid beskou, al was ek reeds 25 jaar oud!” Sy het egter mettertyd haar dogter se besluit aanvaar en was selfs in die wolke toe Jo en Ester in Namibië getroud is.
Na haar studies het hulle na Beiere verhuis, waar sy geleer het hoe om outentieke Beierse geregte te maak van haar skoonma Beate, ‘n “wonderlike kok en bakker”.
In Ester se eie woorde:
In 2018 het ek deelgeneem aan die Duitse weergawe van Come Dine With Me, genaamd das Perfekte Dinner, en in 2019 het ek op die ouerskap-TV-program Mein Kind Dein Kind verskyn.
Ek het ook die eer gehad om my tuisland, Namibië, by twee internasionale skoonheidskompetisies te verteenwoordig: Mej. Supranational 2012 en Mej. Prinses van die Wêreld 2014.
Toe ek en my man op \'n maandlange wittebrood in Thailand was, het ek \'n Thaise kookklas in Chiang Rai, in Noord-Thailand, bygewoon, wat \'n wonderlike kulinêre ervaring was.
In my vrye tyd sing ek in \'n koor, gee kookklasse by die plaaslike volwasse onderwyssentrum, geniet Zumba en doen vrywilligerswerk vir ons Namibiese vereniging, Kwafa Namibia e.V., wat toegewy is aan die verbetering van die toestand van skole in my tuisdorp in Namibië.
Ek het my liefde vir draf ‘n paar jaar gelede in Duitsland ontdek. Destyds het ek in die koerant gelees dat \'n 8 km-wedloop dié dag plaasvind. Ek het ook aan \'n halfmarathon deelgeneem, al het ek net vir \'n 10 km-draf geoefen.
Dit het my vyf maande geneem om Duits van basies (A1) tot vlot (C1/C2) te leer nadat ek my meestersgraad in omgewings- en hulpbronbestuur voltooi het.
Ek gaan net uit om te eet wanneer die kos regtig lekker is. Ja, ek is \'n fynproewer, soveel so dat ek vir kos reis.
Ester se maklike Namibiese aartappelslaai
Namibiese aartappelslaai, ook bekend as Oshilaye in Oshiwambo, is \'n veelsydige, romerige en effens soet slaai wat gewild is onder baie Namibiërs, skryf Ester in haar kosblog. In Oshiwambo word die woord "Oshilaye" gebruik om enige tipe slaai te beskryf. Tydens haar grootwordjare was aartappelslaai \'n spesiale lekkerny wat gebêre was vir spesiale geleenthede soos dooppartytjies, troues, verjaarsdae en gradeplegtighede.
“In ons huis was die skil van aartappels altyd die werk van die kinders, en dit was iets waarna ek uitgesien het wanneer daar \'n partytjie was.
Ons sou tonne gekookte aartappels skil om aartappelslaai te maak om die honderde gaste wat ons partytjies bygewoon het, te voed.”
Om die aartappels te skil was vir haar pret, erken Ester, want die kinders kon die gekookte aartappels eet, veral die wat nie mooi was nie.
“Dit was soos hoe mense in Westerse lande die minder mooi Kerskoekies eet terwyl hulle dit bak.”
Hul partytjies is bygewoon deur familie, uitgebreide familie en ongenooide gaste van heinde en verre. Daarom sou daar altyd groot bakke kos wees om seker te maak daar was genoeg slaai om ten minste 100 mense te voed! Die klassieke bestanddele vir Namibiese aartappelslaai is asyn, melk, mayonnaise, ui, olie, suiker en sout na smaak, sê Ester..
“Afhangende van persoonlike voorkeur of wat tuis beskikbaar is, voeg ons soms rosyne, soetrissies, mielies of pere by.” As jy Ester se resep en dié van verskeie eg Namibiese geregte, besoek haar webtuiste en kosblog by www.esterkocht.com of bestel haar eerste boek Africa made Easy wat met 70 oorspronklike resepte uit die hart van die vasteland spog.
Kliek hier vir Ester se kookboek: https://q.my.na/JLAY

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie