Drie skrywers gesels
Die land as karakter
Wanneer Namibië die inspirasie vir bekroonde internasionale skrywers is, verwag die magiese.
Elkeen het topverkopers geskryf wat geïnspireer is deur Namibië en wat die idees van plek, huis, behoort en migrasie uitdaag. Drie bekroonde skrywers wat met van die wêreld se mees gesogte toekennings vereer is, takel Saterdag in Windhoek in ‘n gesprek onder meer dié kwessies met humor en wysheid, empatie en ‘n eerstehandse blik op die skryf van hul stories waarin die land ‘n sentrale rol speel.
Katie Crouch is die skrywer van die New York Times-topverkoper Girls in Trucks, Men and Dogs en Embassy Wife en het ook essays vir die New York Times, Slate, Salon en Tin House geskryf.
Oor haar roman Abroad, ‘n literêre riller wat in Italië afspeel, skryf die National Book Award-wenner Julia Glass "Met buitengewone sielkundige presisie en 'n donker, skerpsinnige humor, ondersoek Katie Crouch hoe die terloopse dwaashede van die jeug al te vinnig tragies word."
In Embassy Wife wat in Namibië afspeel, ontmoet die leser vir Persephone Wilder, 'n ontheemde genie wat voorgee dat sy die vrou van 'n Amerikaanse diplomaat in Namibië is.
Sy vermoed haar man is nie eintlik die ambassadeur se regsverteenwoordiger nie, maar 'n geheime agent in die Amerikaanse Sentrale Intelligensiediens (CIA). As die volmaakte ambassadeursvrou, neem sy die nuutste ‘agtervolgende’ eggenoot, Amanda Evans, onder haar vlerk. Amanda kom in Namibië aan enkele weke nadat sy haar werk in Silicon Valley opgegee het sodat haar man, Mark, sy familie naby kan hê terwyl hy aan sy Fulbright-projek werk. Maar die oomblik wat hulle uiteindelik in Afrika suid van die Sahara gevestig is, besef Amanda dit is duidelik dat Mark, wat twee dekades tevore in Namibië gewoon het, ander redes het om terug te keer. Die situasie word selfs meer gespanne wanneer hul dogter in 'n internasionale konflik betrokke raak en hul eie regering nie vir haar wil opstaan nie.
Kliek hier: https://q.my.na/X3Q4
Die Amerikaanse skrywer Peter Orner se eerste roman, The Second Coming of Mavala Shikongo speel in Namibië net ná onafhanklikheid in die vroeë 1990's af. Dit is 'n kroniek van die lang dae, kort liefdes en koue nagte by Goas, 'n Katolieke seunsskool so diep in die veld dat "selfs die bobbejane jammer vir ons voel."
Alhoewel hulle fisies geïsoleerd is in 'n halfwoestyn onder 'n meedoënlose son, skep die mense van Goas 'n alternatiewe, meer vrugbare heelal deur die stories wat hulle aan mekaar vertel. Die boek se sentrale karakter is Mavala Shikongo, 'n oorlogsveteraan wat in Namibië se lang oorlog vir onafhanklikheid teen Suid-Afrika geveg het.
Sy het onlangs na die skool teruggekeer – met 'n kind, maar geen man nie. Mavala is modern, rusteloos en gedrewe, in skerp teenstelling met konserwatiewe Goas. Al die manlike onderwysers (insluitend 'n lomp maar oplettende vrywilliger van Cincinnati) probeer om nie verlief te raak op haar nie. Almal misluk – onmiddellik en ellendig. Die roman ondersoek die geskiedenis van 'n plek deur die stories van sy mense. Maar bowenal gaan dit oor die vlietigheid van liefde en die uithouvermoë van gemeenskap.
Peter was in die 1990’s Engels-onderwyser in Namibië en het ook hier in 2016 en 2017 as deel van ‘n Fullbright-beurs gewoon waartydens hy ook ‘n dosent
aan die Universiteit van Namibië was. Buiten skrywer was Peter ‘n menseregte-waarnemer in Chiapas, Mexiko, ‘n taxibestuurder in Iowa City, en het hy vir die riooldepartment vir die stad Highland Park in Illinois gewerk. Kliek hier: https://q.my.na/5E49
Rémy Ngamije is in Rwanda gebore en Namibiese skrywer en fotograaf wat onder meer bekroon is vir The Eternal Audience of One en Only Stars Know The Meaning of Space. Hy is ook die stigter en voorsitter van Doek, 'n onafhanklike kunsorganisasie in Namibië wat die literêre kunste ondersteun en ook hoofredakteur van Doek! Literary.
Sy debuutroman The Eternal Audience of One wat in 2019 in Suid-Afrika gepubliseer is, is 'n grootwordverhaal wat afspeel in postapartheid-Kaapstad. Dit volg die verhaal van Seraphin Turihamwe, 'n Rwandese-Namibiese regstudent, terwyl hy deur identiteit, familie, ras en migrasie navigeer. Die roman ondersoek Seraphin se stryd om behoort en betekenis in 'n nuwe stad te vind, sy verhoudings met vriende en romantiese belangstellings, en sy soeke na sy plek binne die diaspora van Afrika-migrante. Die verhaal verweef temas van ontworteling, immigrantelewe en die kompleksiteite van die navigasie van verskillende kulture en sosiale hiërargieë. Kliek hier: https://q.my.na/UASQ
Jy kan van 10:30 tot 11:30 Saterdag gratis by The Book Den in Windhoek op die hoek van Hosea Kutakorylaan en Puccinistraat gaan luister en (wys) word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie