'Afrikaans het 'n plek in ons harte'
‘n Taal is iets wat ons kan verenig wanneer ons kies om na mekaar te luister. Die woorde is Saterdag op Ongwediva tydens die eerste Afrikaans-fees in die Oshanastreek met woord en daad behoorlik gevier toe 13 skole en meer as 800 leerlinge, ouers, vriende en familie op die dorp saamgetrek het.
“Afrikaans het ‘n plek in ons hart en hier in Oshana en die hele Namibië,” het Saarah Shipefi bekemtoon wat die fees namens die streek se direkteur van onderwys, Pauline Shapumba geopen het.
“Kom ons leer by mekaar, laat ons die skoonheid vier wat in ons diversiteit leef en laat die gees van eenheid aanhou groei in Oshana.”
Die fees wat by Mayor’s Park op Ongwediva plaasgevind het, was nie net daarop gemik om trots in die taal te koester nie, maar ook om kulturele bande tussen die leerlinge, jong mense en die breër gemeenskap te versterk. Dit is afgeskop met ‘n kleurvolle optog van vlotte en begelei deur trompoppies met die dag se program wat van voordrag, danse, sang, boeresport en volkspele ingesluit het. Kliek hier: https://q.my.na/F2RX
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie