#PAS IN: Dosent pleeg glo selfdood op kampus
'n Vrouedosent verbonde aan die Universiteit van Namibië (UNAM) se Hifikepunye Pohamba-kampus op Ongwediva, het vanoggend na bewering selfdood op die perseel gepleeg. Die voorval is deur die kampusdirekteur Jacob Sheehama bevestig. Studente gaan steeds met hul daaglikse klasse voort soos normaal.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie