Simmentalers. Foto ter illustrasie verskaf
Simmentalers. Foto ter illustrasie verskaf

Kortnuus

Khomas Hochland

Stoetbeeste geslag

Twee Simmentallerkoeie ter waarde van N$50 000 is Vrydag omstreeks 09:30 uit die kraal van die plaas Neu Heusis in die Khomas Hochland gesteel. Die verdagte(s) het die beeste in die veld naby die Baungardsbrunn-nedersettingsgebied geslag. Een karkas ter waarde van N$25 000 is teruggevind. Geen arrestasie is nog gemaak nie en die polisieondersoeke duur nog voort.

– Nampol-misdaadverslag

Keetmanshoop

Bakkie gekonfiskeer

Drie verdagtes het tussen 8 en 9 Januarie die heining van die plaas Kleinspitzkop, ongeveer 40 km buite Keetmanshoop geknip en met hul voertuig ingery. Altesaam 14 bokke ter waarde van N$50 000 is na 'n sekere gebied gery en sonder enige toestemming geslag het. Slegs vier bokkoppe waarvan die oorplaatjies verwyder is en 12 hoewe is teruggevind. Beslag is op die wit Corsa-bakkie gelê wat tydens die misdaad gebruik is en 'n 34-jarige Namibiese man is in hegtenis geneem. Die verdagte sal sou gister in die Keetmanshoop-landdroshof verskyn het. Polisieondersoeke in die saak duur voort. – Nampol-misdaadverslag

Omaruru

Beesdief nog vry

'n Koei ter waarde van N$13 000 is tussen Donderdag omstreeks 13:00 en Vrydag omstreeks 10:00 op die plaas Kakombo in die Omaruru-distrik geslag. Die verdagte(s) het die plaas sonder die eienaar se toestemming betree en die koei geslag het. Die beeskop, vel en vier hoewe is teruggevind. Geen arrestasie is nog gemaak nie en polisieondersoeke is aan die gang. – Nampol-misdaadverslag

Oshakati

Vyf bokooie van vrou gesteel

Vyf bokooie ter waarde van N$5 000 is tussen Vrydag en Saterdag by die Uukweedhidhi-nedersetting in die Oshanastreek gesteel. Na bewering het die verdagtes die bokkraal van 'n 68-jarige Namibiese vrou ingegaan en die bokooie geslag. Die karkasse is na die voertuig geneem wat ongeveer 300 m van die kraal geparkeer was en sonder die eienaar se toestemming weggery. Drie verskillende skoenspore is op die toneel waargeneem. Die verdagtes is onbekend en geen arrestasie is nog gemaak of karkasse teruggevind nie. – Nampol-misdaadverslag

Kommentaar

Republikein 2026-01-31

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer