Kort nuus
            
                                                            Kayira-yira-nedersetting
Agt seuns in hegtenis oor ‘seksuele aanranding’
Agt verdagtes, almal seuns tussen 13 en 18 jaar oud, is in hegtenis geneem in verband met die beweerde seksuele aanranding van ’n meisie (14) in die Kayira-yira-nedersetting in die Kavango-Wesstreek.
Volgens die Namibiese polisie se bevelvoerder in die streek, komm. Julia Sakuwa-Neo, het die beweerde voorval op 27 September plaasgevind toe die verdagtes na bewering seksuele dade met die minderjarige gepleeg het.
Al agt verdagtes is gearresteer nadat die voorval aangemeld is.
Sakuwa-Neo het verder aangedui dat die minderjarige verdagtes in die sorg van hul ouers vrygelaat sal word, terwyl die oorblywende verdagtes in aanhouding sal bly. – Phillipus Josef
Gava-skool
Bouers beskuldig van beweerde verkragtings
Twee sake van seksuele aanranding waarby twee minderjarige meisies betrokke is, is verlede Sondag by die Gava-skool in die Kavango-Wesstreek aangemeld. Beide verdagtes is mans wat as bouers by die skool werksaam is.
Volgens die Namibiese polisie se bevelvoerder in die streek, komm. Julia Sakuwa-Neo, het die verdagte (25) in die eerste voorval na bewering ’n meisie (14) by ’n waterkraan gegryp, haar na sy tent geneem en haar na bewering verkrag. Hy is sedertdien in hegtenis geneem en is in polisieaanhouding.
In die tweede voorval is ’n ander meisie, ook 14 jaar oud, na bewering op ’n soortgelyke wyse aangerand deur ’n man (21) van Rundu, wat steeds op vrye voet is, maar aan die owerhede bekend is. – Phillipus Josef

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie