Saam is ons een
Spanwerk, kreatiwiteit en so bietjie waagmoed om uit die boks te dink (en te klim).
Dit was ons finaliste van Republikein se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie se opdrag vir ’n reeks van uitdagings wat hulle voor die luisterryke kroning van die wenpaar moes aanpak. In 45 minute moes die paartjies tien uitstallers by die Creatiave.Sport.Tourism (CST) Expo besoek en video’s en foto’s neem. Dit sluit in van wat om in ’n sleepwaentjie vir ’n wittebrood te pak, kapana eet, hul ideale oggendkoffie-ritueel, meer uitvind oor ’n ander kultuur, wenke kry vir ’n begroting vir twee, die seile span vir ’n skeepsvakansie, ’n sport in tien sekondes demonstreer, asook in tien sekondes ’n kortfilm oor hul verhouding maak. Foto’s verskaf


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie