FREE-ROAMING: The animal controller of the Walvis Bay municipality impounds about 20 free-roaming dogs each month. Photo contributed
FREE-ROAMING: The animal controller of the Walvis Bay municipality impounds about 20 free-roaming dogs each month. Photo contributed

Rondloperhonde, -katte teister kusdorp

Hondsdolheid in Oktober getakel
Die woordvoerder van die munisipaliteit sê die dierebeheerbeampte vang gemiddeld ongeveer 20 rondloperhonde per maand.
Leandrea Mouers
Die munisipaliteit van Walvisbaai is nie bewus van enige dooie diere wat by die stortingsterrein gestort is en van suur wat oor dié diere gegooi is nie.

Dit volg nadat ’n bekommerde inwoner van Walvisbaai die joernalis gekontak het om hul kommer uit te spreek.

Die hoof van gesondheidsdienste van die munisipaliteit, mnr. Deville Dreyer, sê hy het ’n gesprek met die dierebeheerbeampte en die inspekteur in beheer van gevaarlike afval oor die beweerde voorval gehad.

“Beide die beamptes is nie bewus van so iets nie. Alle gevaarlike afval, soos sure, word binne die terrein vir gevaarlike afval gestort en alle troeteldiere wat deur die Dierebeskermingsvereniging van Walvisbaai (DBV) van kant gemaak word, word onder hul toesig op die terrein begrawe.”

Me. Anita Kaihiva, woordvoerder van die munisipaliteit, het gesê inwoners wat hul dooie diere by die asgate wil weggooi, moet eers die operateur by die stortingsterrein of die dierebeheerbeampte kontak om uit te vind wat die korrekte prosedure is.

“Die operateur kan op 081 619 1619 gekontak word en die dierebeheerbeampte op 081 124 1009.”

“Indien ’n individu enige gevaarlike afval by die Walvisbaaise stortingsterrein wil weggooi, moet hy/sy die inspekteur op 081 129 5017 kontak. Die stortingsterrein bestaan uit verskillende areas waar verskillende soorte afval weggegooi kan word. Die areas is onder meer vir gevaarlike afval (asbes, chemikalieë en sure), sensitiewe afval (dooie diere en vloeibare afval), huishoudelike afval (algemene afval) en die verbrandingsoond (mediese afval).

Sy het gesê daar is tans geen alternatiewe behuising beskikbaar vir die mense wat by die stortingsterrein woon nie.

“Die status quo sal bly totdat die raad die modaliteite uitgewerk het. Die proses behels die interaksie met verskeie belanghebbendes aangesien die grondkwessie nie net ’n raadskwessie is nie.”

RONDLOPERHONDE

Alle rondloperhonde wat deur die dierebeheerbeampte gevang word, word by die munisipaliteit of DBV aangehou.

“As dié diere nie binne drie dae opgeëis word nie, kry die DBV die keuse om die honde in te neem eerder as om hulle van kant te maak. Diere wat die dierebeheerbeampte gevang het en wat óf siek óf nie teruggeëis is nie, word deur ’n veearts ’n genadedood gegee.”

Kaihiva sê die dierebeheerbeampte vang gemiddeld ongeveer 20 rondloperhonde per maand.

“Die munisipaliteit het ’n toename opgemerk in die aantal voorvalle waar mense op straat deur honde aangeval en gebyt word. Dit is ’n bron van kommer en inwoners word dus versoek om behoorlik na hul honde om te sien, veral as hulle kwaai is. Rondloperhonde word geskut, en eienaars van die geskutte honde kan nie die diere terugeis voordat die bewys gelewer is dat die honde onder beheer gehou sal word tot die bevrediging van die dierebeheerbeampte nie.

“Ten spyte van talle aanmanings dat honde nie toegelaat word om sonder toesig op straat rond te loop nie, het munisipale amptenare talle klagtes in dié verband ontvang. Honde wat toegelaat word om vrylik op straat rond te loop, hou nie net ’n gevaar vir ander mense in nie, maar kan motorongelukke veroorsaak. Rondloperhonde teel dikwels sonder enige toesig aan, maak ’n oorlas van hulself en versprei bosluise, vlooie en ander hondesiektes.”

Sy het verder verduidelik die eienaar wie se hond ’n persoon op straat byt, kan ernstige gevolge in die gesig staar, insluitend die aanspreeklikheid vir die mediese uitgawes en betaling van vergoeding aan die beseerde persoon.

“Daarbenewens sal amptenare van die raad waarskynlik die betrokke hond verwyder en van kant maak. Ingevolge die betrokke munisipale regulasies is dit ’n oortreding om ’n hond toe te laat om sonder ’n leiband en toesig in die straat rond te loop.”

RONDLOPERKATTE

Wilde- en rondloperkatte word na plekke aangetrek waar daar kos en skuiling is.

“As genoeg kos beskikbaar is, sal katte spoedig aanteel. So vestig katkolonies hulself dikwels by visverwerkingsfabrieke in Walvisbaai. Die Have-A-Heart-organisasie in Walvisbaai is besig met veldtogte by die verskillende visfabrieke om wilde katte te vang en te steriliseer of te kastreer. Die katte word dan weer vrygelaat. Dit verminder die katbevolking en geen klein katte beteken geen innames en later moontlike genadedood by skuilings nie.”

Have-A-Heart is ’n niewinsgewende organisasie wat honde en katte in lae-inkomste-gemeenskappe steriliseer, ontwurm en inent.

“Die munisipaliteit van Walvisbaai ondersteun die Have-A-Heart-projek ten volle, wat ’n broodnodige diens lewer en ons wil graag alle besighede in Walvisbaai aanmoedig om hierdie goeie doel te ondersteun.”

INENTING

Kaihiva het gesê die ministerie van landbou, water en grondhervorming in samewerking met die munisipale gesondheidsdepartement gaan binnekort ’n inentingsveldtog teen hondsdolheid in Walvisbaai van stapel stuur, wat honde en katte vanaf die ouderdom van drie maande insluit.

“Hierdie inentingsprogram sal in Oktober 2022 plaasvind. Inwoners en troeteldiereienaars word aangemoedig om die veldtog te ondersteun deur seker te maak hul troeteldiere is ingeënt. Verdere besonderhede van die komende veldtog sal mettertyd gedeel word.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.07 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.46 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.49 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.25/OZ UP +1.62% | Copper US$ 4.57/lb UP +1.44% | Zinc US$ 2 927.50/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 84.64/BBP UP +0.42% | Platinum US$ 982.63/OZ UP +0.86% Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.07 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.46 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.49 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.25/OZ UP +1.62% | Copper US$ 4.57/lb UP +1.44% | Zinc US$ 2 927.50/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 84.64/BBP UP +0.42% | Platinum US$ 982.63/OZ UP +0.86%