Kiekiekompetisie 26 Januarie 2026

Iréne-Mari van der Walt
Dit is ’n nuwe jaar en ons Kiekiekompetisie gaan volstoom voort. Hier is van die inskrywings wat ons tot dusver ontvang het.

Foto’s kan per e-pos ingeskryf en na [email protected] gestuur word, of per WhatsApp-boodskap aan 264 85 785 6231.

REëLS

• Geen foto’s kan namens ander fotograwe ingeskryf word nie.

• Die maand se wenfoto word deur Republikein se redakteur gekies en die besluit is finaal.

• Foto’s sal op Republikein se sosialemediaplatforms gedeel word, maar die wenner word nie op grond van “likes” gekies nie. Let ook op dat nie al die foto’s noodwendig op die platforms gedeel word nie.

• Deur deel te neem bevestig jy dat Republikein jou inskrywing kan publiseer (in druk/aanlyn) en dit vir bemarkings- en kommersiële doeleindes op ’n redelike en billike wyse kan gebruik. Wenners moet ook bereid wees om die kompetisie te help bemark. Die organiseerders waarborg die veilige bewaring van persoonlike inligting en hou rekord van alle inskrywings en prystoekennings.

• Geen werknemer van Republikein of Network Media Hub (NMH) en sy filiale kom in aanmerking om enige pryse te wen nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2026-03-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer