Cassia lei met hart
Cassia Sharpley, Mej. Cosmo Namibië 2025, het die Impactful Beauty-toekenning by die Mej. Cosmo International-skoonheidskompetisie gewen.
Die geleentheid het Saterdag in Ho Chi Minh-stad in Viëtnam geëindig. In 'n gelukwensingsboodskap op Instagram het die Mej. Cosmo Namibië-organisasie gesê die toekenning is 'n erkenning wat skoonheid met betekenis, stem met aksie en teenwoordigheid met doel vier. Die organisasie het gesê die toekenning is 'n bewys van die "impak wat ons maak wanneer ons in waarheid staan, met hart lei en meer as onsself op die internasionale verhoog verteenwoordig."
Mej. Cosmo VSA is as die nuwe Mej. Cosmo International gekroon tydens die Mej. Cosmo 2025 Grand Finale en Beauty Music Festival.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie